Leesvordering:

Besigheidsbytjies – vir jong entrepreneurs in die buiteland

Jun 8, 2022

Maak seker jy skryf in!

Wanneer: 5 April tot 11 Oktober 2022
Waar: www.besigheidsbytjies.co.za

Die Korf

AfriForum het in 2019 besluit om ’n kompetisie – Besigheidsbytjies – vir jong entrepreneurs van stapel te stuur. In 2021 is daar besluit om die kompetisie verder uit te brei sodat hoërskoolleerders ook kan deelneem. Hierdie kategorie word die Juniorpreneurs-kategorie genoem. Vanjaar is daar twee nuwe kategorieë: AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie.

Die doel

Die doel van hierdie kompetisie is om jong kinders se entrepreneursvaardighede van vroeg af te ontwikkel. AfriForum glo dat hierdie aanlyn entrepreneurskompetisie ook leerders se leierseienskappe sal ontwikkel en hul leer om self verantwoordelikheid te neem om hul unieke en innoverende idees uit te voer. Dit sal hulle ook aanmoedig om ’n verskil in die samelewing en in ons land te maak. Ons kinders is immers die leiers van die toekoms en hul kan hoop skep deur van jongs af aan hul toekoms te bou.

Wie kan inskryf?

Besigheidsbytjies:

  • Kategorie 1 (Graad 1–3)
  • Kategorie 2 (Graad 4–7)

Juniorpreneurs:

  • Kategorie 3 (Graad 8–9)
  • Kategorie 4 (Graad 10–12)

Nuut!

Die Saai-kategorie (vir entrepreneurs met ’n liefde vir landbou):

  • Laerskool (Graad 1–7)
  • Hoërskool (Graad 8–12)

Die AfriForum Wêreldwyd-kategorie: vir jong entrepreneurs in die buiteland.

  • Kategorie 1: (7–12 jaar)
  • Kategorie 2: (13–18 jaar)
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest