Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Kaya Lodge

Jun 23, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming in die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Kaya Lodge in die Verenigde Koninkryk.

Kaya Lodge is in die Verenigde Koninkryk geleë en word deur Matt en Julie besit.

As ’n familie-onderneming, is Kaya Lodge baie trots op wat hulle aanbied en doen hulle hul bes om ’n unieke kampondervinding te skep.

Matt het vir bykans sy hele lewe lank op die plaas (hy is in die plaashuis gebore) in Suffolk gewoon.

Ek, Julie, is gebore en getoë in Suid-Afrika, en het na die VK verhuis in my middeltwintigs.’n Groot gedeelte van my opvoeding het die ‘Afrika-bos’ ingesluit. Ek is bevoorreg om die meeste van my kinderlewe vakansies op die familie se wildsplaas deur te gebring het en dit is hierdie herinneringe wat ons geïnspireer het om te doen wat ons doen. My pragtige ouma het ook ’n boek met kortverhale geskryf oor haar ondervindinge, waarvan ’n eksemplaar in die tent gevind kan word.

Deur ons unieke lewenservaringe te kombineer, Matt se diepgewortelde liefde vir Suffolk se platteland en myne vir die Afrika-bos, het ons koppe bymekaargesit en … Kaya Lodge is gebore!

Kontak Kaya Lodge

Telefoon: +44 7919 405594

E-pos: hello@kayalodge.co.uk

Klik hier om Kaya Lodge op Facebook te besoek.

Klik hier om Kaya Lodge op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest