Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Khoi Khoi Bar and Braai

Sep 8, 2022

Dié week se onderneming in die Kollig is Khoi Khoi Bar and Braai in Letchworth, Engeland.

Khoi Khoi Bar and Braai is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Khoi Khoi Bar and Braai is Letchworth se topkeuse as dit kom by musiekvertonings, met die keur van kunstenaars van die VK en ander lande wat elke aand op die verhoog te sien is. Geniet die unieke smake van disse met ’n Suid-Afrikaanse tema wat in ons regte-egte koolstoof voorberei is.

Ons is trots daarop om ons gaste met ’n unieke Khoi Khoi-ervaring te bederf en daar is vir ons niks lekkerder nie as om die plaaslike gemeenskap te dien met passie en regte Suid-Afrikaanse gasvryheid.

Ons storie is een van saamwees; ons vier die lewe deur musiek en dans, teater, die gesproke woord, verhoogkomedie en kabaret – alles word opgevoer op ons verhoog.

Ons wil dit maklik maak om menslike verbintenisse en vriendskappe te vestig deur drankies, musiek en dans in ’n lekker lewendige atmosfeer. Ons kroeg het genoeg voorraad van ’n indrukwekkende versameling wyn, bier, skemerkelkies en sterker drank waarvan ’n groot deel Suid-Afrikaans is.

Of jy ’n plaaslike inwoner is en net ’n lekker aand uit beplan, of slegs iewers heen op pad is deur die dorp, ons het ten doel om vir jou ’n smakie te bied van iets effens anders, in die hartjie van Letchworth Garden City.

Ons is jou perfekte keuse, hetsy dit is vir ’n eerste afspraak, sake-ete, ’n herdenking, verjaarsdagpartytjie of net kuier saam met vriende terwyl julle ’n glas van ons spesiale versameling van die wêreld se beste drankies geniet, of die unieke smaak van eg Suid-Afrikaanse kos.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest