Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Lekker Eats

Jan 31, 2023

Dié week se kollig val op Lekker Eats in Amerika.

Lekker Eats is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Lees meer oor Lekker Eats:

Hallo! Ek is Jordan Lazarus, eienaar van en werker by Lekker Eats in Myrtle Beach, en ek wil graag my storie met jou deel.

Ek het die afgelope ses jaar as kelner en dekhandlanger op privaat seiljagte die wêreld deurkruis en in die mooiste en mees verafgeleë plekke gewerk (meestal geëet). Ek het my liefde vir kos ontdek toe ek saam met sjefs gewerk het en outentieke kookkuns geniet het waar ek ook al gegaan het. Dit was egter nie totdat ek met tipe I-diabetes gediagnoseer is dat kos meer as bloot ’n liefde geword het nie. Dit het my passie geword.  

Kort ná my diagnose het ek besluit dat ek, as ek in die seiljagbedryf wou bly werk, ek dit nie as ’n kelner of dekhandlanger wou doen nie. Ek wou die groot stap neem en ’n assistentsjef word. Om dít te verwesenlik, moes ek ’n sjefskool bywoon, en waarom dan nie na ’n plek soos geen ander op aarde gaan nie? In 2018 het ek besluit om die Suid-Afrikaanse Sjefakademie in Kaapstad, Suid-Afrika by te woon.  

Dit was in Suid-Afrika waar my passie vir kos werklikwaar in ’n alledaagse leefstyl oorgegaan het. Ek het die sjefskool bygewoon, by ’n plaaslike mark vir ’n bakker gewerk en brood verkoop, en as onder een van Italië se topsjefs aan sy huis Chef’s Table gestudeer. Ek was omring deur kultuur, avontuur en hope kos! Besiel en met ’n diploma en sertifikaat gewapen, het ek my hoë sjefshoed gepak en die vliegtuig bestyg op pad na my volgende seiljagwerkie.

Ek het as assistent-en-bemanningsjef die volgende jaar op ’n boot deurgebring en Singapoer, Papoea- Nieu-Guinee, Vanuata, Fidji en Nieu-Seeland deurgekook terwyl ek vars produkte by al die eilandmarkte aangekoop het. Ek het beter begin verstaan wat met “plaas na tafel” bedoel word. Ek is lief daarvoor om gesonde, heilsame kosse te eet. Ek hou daarvan om goed te voel ná ’n maaltyd, en ek is lief daarvoor om die helder reënboogkleure op my bord te aanskou. Ek put vreugde daaruit om nuwe resepte te skep en nuwe geure saam te gooi en te toets, en dié nuwe skeppings dan met ander te deel.  

Lekker Eats is gebore uit my droom om passie, leefstyl en ondervinding wat ek as sjef in Suid-Afrika en op seiljagte met kos opgedoen het byeen te bring waar my wortels lê: Myrtle Beach. My gesin is daar, my liefste vriende en, natuurlik, die strand! Lekker Eats is meer as bloot kos. Dit gaan oor die liefde vir en die avontuur agter die bestanddele, en ek hoop om hierdie heerlike kosse met jou te deel!  

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Vat vandag nog ’n kans en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikanergasvryheid te veel raak.


Kontak Lekker Eats

Klik hier om Lekker Eats se webtuiste te besoek.

Klik hier om Lekker Eats op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest