Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: stain_ART AND DESIGN

Jul 17, 2023

Dié week val die kollig op stain_ART AND DESIGN in Nederland.

stain_ART AND DESIGN is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor stain_ART AND DESIGN.

Ek het meer as 15 jaar se ervaring in die ontwerp van ‘n groot reeks produkte in verskeie industrieë. Ek het baie jonk begin met kuns en ontwerp en het aan verskeie kompetisies deelgeneem. My liefde vir kuns het my loopbaan beïnvloed. Eers het dit net my ontwerpe beïnvloed, maar later het ek kuns en ontwerp gekombineer.

Al verskaf kuns en ontwerp my groot vreugde, is ek ook baie lief vir getalle en data. Ek het die ontwerp en ontwikkeling van webwerwe, data-analise en selfs wiskunde jare lank in diepte bestudeer. Mettertyd het ek al my vaardighede begin kombineer en so het die handelsmerk stain_ART AND DESIGN ontstaan

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.

Kontak stain_ART AND DESIGN

Klik hier om stain_ART AND DESIGN se webtuiste te besoek.

Klik hier om stain_ART AND DESIGN op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest