Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Sterling Finance

Aug 7, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die finansiële bedryf. Sterling Finance bied voertuigfinansieringsdienste in Nieu-Seeland. Sterling Finance was ook een van die borge van die Afrikaans is Lekker 2023-konsert in Nieu-Seeland.  

Sterling Finance is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Lees meer oor Sterling Finance

Sterling Finance is ’n onafhanklike onderneming wat spesialiseer in voertuigfinansieringspakkette wat by jou behoeftes pas. Ons bied voertuigfinansiering aan nuwe immigrante wat pas in Nieu-Seeland aangekom het.

Ons bied vinnige, maklike en mededingende voertuigfinansiering en werk hard sodat jy met die minste moontlike moeite ’n voertuig kan koop. Ons stel ’n finansieringspakket saam wat by jou begroting en jou leefstyl pas en waarmee jy gemaklik is.

By Sterling Finance is ons verbind tot verantwoordelike lenings. Wat ook al jou huidige situasie is, ons is hier om jou te help om ’n ingeligte besluit te neem. Dis ons prioriteit om jou te help om die regte voertuigfinansieringspakket te vind. Ons wil verseker dat dit in jou begroting pas en voldoen aan ons finansiële verskaffers se uitleenvereistes. Of jy nou vir jouself werk of ’n nege-tot-vyf-werk het, ons verstaan jou omstandighede en wil jou graag help.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Kontak Sterling Finance

Klik hier om Sterling Finance se webtuiste te besoek.

Klik hier om Sterling Finance op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Na watter soort diens of produk is jy op soek in die buiteland? Besoek AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids vir ander soorte ondernemings.

Kry jy nie wat jy soek nie? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za waarvan jy meer wil weet.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest