Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Tara Barker Designs

Nov 16, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Tara Barker Designs in Eccleshall, Engeland.

Tara Barker Designs is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids maak dit vir mense moontlik om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Hallo, ek is Tara. Ek is ’n kreatiewe grafiese ontwerper met meer as sewe jaar ondervinding in die ontwerpbedryf. Ek werk saam met kliënte van alle groottes – van nuwe ondernemings tot goed gevestigde maatskappye.

Ek is gebaseer in Eccleshall, Staffordshire – ek het onlangs hierheen verhuis van Suid-Afrika af. Onthou altyd om die reis te geniet, maak nie saak in watter fase daarvan jy jou bevind nie!  
Om alles wat vir jou bekend is op te pak en na ’n ander kontinent te verhuis is nie vir sissies nie, maar die feit dat ek elke sekonde van die reis omarm en geniet het, het vir my die wêreld se verskil gemaak.

Ek het al aan ’n verskeidenheid projekte gewerk, soos logo-ontwerp, digitale en gedrukte ontwerpe sowel as uitnodigingontwerp. Ek is mal oor dit wat ek doen. Ek het ’n individuele benadering tot elkeen van my projekte – dit word goed deurdink, en deur insig en fokus op die teikengehoor lewer ek ontwerpe wat ’n impak het. As jou handelsmerk of onderneming dus ’n ontwerp kort met ’n unieke identiteit, of kommunikasie met trefkrag, kan ek dit lewer en ek sal graag van jou wil hoor!
​ Iets interessants oor my: Een van my gunstelingstokperdjies is om te verf en teken. Alhoewel dit meer ’n stokperdjie is, sal ek graag iets vir jou wil verf of teken – so vra my gerus meer hieroor.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Weet jy van enige bemarking-en-kommunikasieondernemings of kreatiewe studio’s naby jou? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest