Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 17 November 2022

Nov 17, 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Hoe vier jy Kersfees in die buiteland?

AfriForum Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Kersfees is om die draai en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind.

So jy het geëmigreer, maar niemand het jou vertel van…

Dit is opwindend om die wêreld te sien en geleenthede buite die grense van Suid-Afrika te kan benut, maar dit beteken nie dat jou wortels nie steeds in Suid-Afrika kan wees nie. Talle Afrikaners wat emigreer besef dat kwessies soos om jou kultuur te behou, ’n ondersteuningsnetwerk te hê, jou geldsake te bestuur of vriende te maak reuse-uitdagings kan wees. Maar hoe kan jy met hulp uit Suid-Afrika, dié uitdagings oorkom?

Uit en tuis: terug op tuisbodem

Uit en tuis is die rubriek waar ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of daar gewoon en gewerk het en weer terug in Suid-Afrika is. Ons verneem graag van enigeen wat hulle belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Elisabeth Lourens wat in die Verenigde Koninkryk gewoon het en weer terug is in Suid-Afrika.

AfriForum stel verslag oor ANC-mislukkings en federale oplossings bekend

“Dit is belangrik dat mense kennis neem van die skaal van ANC-regeringsmislukkings in Suid-Afrika, juis omdat dit ons moet aanmoedig om verder deur ’n benadering van selfdoen onsself staatsbestand te maak. Hierdie verslag wys dat ons definitief nie op die regering kan vertrou om ons te red nie, maar dat ons tog hoopvol moet wees oor ons federale toekomsplanne,” sê Duvenage.

Energie-indaba: Innoverende energie-oplossings vir munisipaliteite nou nodig om volhoubare gemeenskappe te bou

Die Afrikaner-Afrika Inisiatief (AAI), wat twaalf Afrikaner-organisasies en leiers verteenwoordig, het met die ondersteuning van die Konrad-Adenauer-Stiftung en AfriForum ’n energie-indaba vir plaaslike owerhede georganiseer. Die AAI het beklemtoon dat gemeenskappe moet saamwerk om innoverende oplossings vir die voortslepende energiekrisis te vind.

Onderneming in die Kollig: Juniper Shores

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Juniper Shores in Surrey, Engeland.

By Juniper Shores bied ons ’n pasgemaakte diens en ons werk saam met jou om beheer te neem van jou daaglikse take en besige skedule, om jou of jou geliefdes se hervestiging in ’n nuwe land te bestuur, en om jou lewe makliker te maak deur jou te help sodat jy meer tyd tot jou beskikking het vir die dinge wat regtig saakmaak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest