Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Jube

Sep 12, 2019

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos melktert en pannekoek by ’n kerkbasaar. Hier bring ons Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland saam onder een dak om dit vir ekspats maklik te maak om al hul gunstelingprodukte en -dienste te kry, ongeag waar hulle is. Daar is Suid-Afrikaanse winkels, slaghuise wat spesialiseer in biltong en boerewors, Suid-Afrikaanse dokters, prokureurs en rekenmeesters, Afrikaanse kerkdienste en nog baie meer. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week val die kollig op The Jube in Woolacombe.

The Jube is in die hartjie van die wonderlike dorpie Woolacombe, Noord-Devon geleë. Die kroeg is waarlik ‘n versteekte juweel. Dit is die ideale plek om aan heerlike kos uit die omgewing te smul en ‘n ongelooflike verskeidenheid wyne, spiritualieë en boetiekbiere in ‘n pragtige omgewing te geniet.

Kom kuier op ‘n Sondagmiddag en geniet ‘n drankie in die warm, ontspanne atmosfeer.

In die somermaande is ons elke dag heeldag oop. Kom geniet ‘n rustige koppie koffie of ‘n bier en ‘n gastronomiese burger uit die kombuis. Wat ook al die geleentheid, ons sien uit daarna om jou te verwelkom.

Besoek The Jube se webtuiste hier

Besoek The Jube se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming op die Wêreldgids hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest