Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Tjhoko Paint

Aug 3, 2021

Dit is moeilik om in ’n nuwe land aan te pas. Alles is anders, en om jou gunsteling Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n taamlike avontuur wees. Gelukkig is Wêreldwyd hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek. Hier kan jy ’n groep Suid-Afrikaanse ondernemings van oraloor die wêreld vind wat ’n netwerk van Suid-Afrikaners oorsee skep. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Tjhoko Paint in Nieu-Seeland.

Tjhoko Paint is die wêreld se eerste selfdigtende akrielkrytverf met ’n waterbasis. Met ’n fokus op onvergelykbare gehalte en gesinswaardes, is elke noukeurig gemaakte Tjhoko Paint kleur vernoem na een van ons ongelooflike span. Die Tjhoko Paint beheermaatskappy vervaardig al vir meer as 18 jaar verf van hoë gehalte.

Die unieke, niegiftige eienskappe en formulering van Tjhoko Paint beteken dit kan feitlik op enige oppervlak en feitlik in enige omgewing van kinderkamers tot mediese sentrums en alles tussenin gebruik word – geen was of seëlaar is nodig nie en deur net ons Glaze aan te wen, word Tjhoko se matverf UV- en waterbestand.

Tjhoko Paint kan gebruik word op hout, metaal, glas, natuurlike materiaal, gelamineerde oppervlakke en oppervlakke wat voorheen vernis was en dit is nie nodig om af te skuur of om ’n grondlaag te verf nie (moet net deeglik skoongevee word met verfverdunner) – Tjhoko Paint is waarlik ’n innoverende produk!

Omskep jou buiteruimte, jou badkamer of kombuis – laat jou kreatiwiteit vloei!

Skakel Tjhoko Paint:

Telefoon: +64 22 329 8811

E-pos: info@tjhokopaint.co.nz

Klik hier om Tjhoko Paint op Facebook te besoek.

Klik hier om Tjhoko Paint op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest