Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Toerbroers

Jan 11, 2024

Hierdie week se kollig is op Toerbroers. Toerbroers is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Toerbroers

Min mense leef ooit hul droom en passie werklik uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare se harde werk en toewyding uiteindelik die punt bereik waar hulle elke oomblik van die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.

Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslike en internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle self leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en baie meer sal kan sien.

Toerbroers was lank in die sang- en modebedryf en het al na baie plekke heen gereis, maar hulle is nou permanent betrokke by toerisme en natuurbewaring en veral die behoud en beskerming van bedreigde spesies.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Toerbroers

Klik hier om Toerbroers se webtuiste te besoek.
Klik hier vir Toerbroers op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest