Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Woestyn-roos

Jan 23, 2024

Hierdie week se kollig is op Woestyn-roos. Woestyn-roos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van ’n wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Woestyn-roos:

Woestyn-roos bied aan Suid-Afrikaanse ontwerpers, kunstenaars en visionêre ’n platform waar hulle hul unieke kleding- en dekoratiewe stukke wêreldwyd kan vertoon. Die produkte is seisoenaal en ’n beperkte hoeveelheid van elke eksklusiewe reeks word verkoop. Ons platform is ideaal vir blootstelling en stel die kunstenaars in staat om saam met ons gemeenskap te groei. Sluit by ons aan van waar jy ook al in die wêreld is en geniet dit om tuis te voel tussen ander Suid-Afrikaners. Ons bied jou ’n tuiste in die vreemde – #HomeAwayFromHome.

Ons is ’n Suid-Afrikaanse gesin wat in Dubai woon. Die woestyn inspireer ons en ons wil ons passie vir ons land se talente en tradisies deel, veral dié wat ooreenstem met baie ander nasionaliteite s’n.

Help ons om die liefde te deel.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar bou ook ’n waardevolle ondersteuningsbasis vir daardie dae wanneer die verlange net te erg raak en almal net te ver is.

Laat jou onderneming groei. Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Woestyn-roos

Klik hier om Woestyn-roos se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Woestyn-roos op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest