Leesvordering:

Ons feestyd in Engeland

Des 11, 2019

Deur Anton van Zyl

Dis sowaar al weer Kersfees. Die seisoen van welwillendheid het in ‘n oogwink aangebreek, heeltemal te gou. Die jaar se geswoeg kom tot ‘n einde en ons begin voorberei vir die seisoen van seën en rus.

Die afgelope week of so het allerhande Kersstalletjies in Londen verrys. Daar is Duitse wors en stollen, Kersbome en kammasneeu. Oral is rooi en groen elwe te sien en die ou bekende klanke van “Little drummer boy” en “Jingle bells” kom deur die lug aangesweef. Die einde-van-die-jaar-toeriste het in hul duisende begin opdaag, en dit dra by tot die feestelike gevoel.

Ons was ook nie ledig nie:

  • Ons het deur Richmond Park gaan ry op ‘n perdekar wat deur twee Shireperde, Nobby en Heath, getrek is.
  • Ons het deelgeneem aan die jaarlikse Winter Wonder Walk deur ons dorp, kompleet met ‘n kalkoenwedren en twee baie sagte rendiere.
  • Ons het ‘n konsert van Beethoven se negende simfonie deur ‘n klein orkessie en die Suid-Afrikaanse basbariton Simon Shibambu bygewoon.
  • Ons was ook by ‘n Kerssangdiens in die Westminster-kapel; dit was ietwat anders as ons gewone Suid-Afrikaanse Kerssangdienste.
  • By al hierdie geleenthede het ons ou vriende en kennisse ontmoet. Ons het met dankbaarheid besin oor die verlede en planne gemaak vir die toekoms.

Soos die meeste mense beplan ons ‘n blaaskans. Ons gaan eers Norfolk toe en dan na William Shakespeare se tuiste, Stratford-upon-Avon, vir die twee dae oor Kersfees.

Hierdie Kersfees, soos die meeste ander die afgelope dekade, sal ons ons in die kultuur van ons aangenome land verlustig en deelneem aan alles wat Engeland bied. En ons sal die vryheid wat ons met die geboorte van ons dierbare Verlosser ontvang het, vier.

Mag julle ‘n geseënde Kersfees en ‘n wonderlike nuwe jaar hê.

Anton en Ronèl van Zyl

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest