Leesvordering:

Op pad

Des 13, 2016

30 November 2016

Die wêreld lê wit buite en die son is maar ylerig. Daar is ‘n harde ryp in die bome en dit is bitter koud. Die perde dra al jassies. Al die winkels speel net liedjies van Rudolf, die rendier met die rooi neus, en die mense shop of dit uit die mode gaan.

Ek is op pad Coventry toe vir ‘n vergadering, min of meer ‘n uur te trein van Londen af, en dan nog so ‘n halfuur met ’n taxi.

Niemand op die trein praat met mekaar nie, almal is te besig in hulle eie klein wêrelde op hulle fone, en niemand sien die sprokieswêreld buite nie.

Ons is nou in ons tiende Europese winter, en daar is niks aan te doen nie behalwe opsnoes, verwarmers aansit, hot chocolate teug en vroeg slaap in die aande. Dit is ook vroeër koud hierdie jaar.

Maar daar is natuurlik geen tyd om te rus in hierdie seisoen van rus nie. Naweke is gemaak vir rondrits – die lewe is immers kort. Hierdie naweek is ons in Norfolk, dan is dit die BBC se Good Food Show by die Hampton Court-paleis, dan canapés by ‘n vriend se verjaarsdag in Brighton, dan is dit Kersfees, wat ons in Bournemouth gaan deurbring.

Voor ons weer kyk gaan die nuwe jaar op ons wees met al sy uitdagings en probleme, maar ook al sy opwinding en belofte. Ek het ’n idee dat die pas waarteen ons lewe ook nie gaan afneem nie; dit gaan optel wanneer ons die maande begin aftel na die volgende somer.

Ons gaan seker maak dat ons elke oomblik in die VK geniet. ‘n Mens weet nooit watter draaie die lewe maak nie. Ons kan maar net vasbyt en aangaan: Die toekoms is op pad en wag vir niemand nie.

Groete

Anton van Zyl

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest