Leesvordering:

Plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding in die kollig op Fox News

Mei 16, 2018

Fox News, die grootste televisienuuskanaal in die VSA, het gisteraand ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, uitgesaai waarin plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se plan met betrekking tot onteiening sonder vergoeding in die kollig geplaas is.

Op die program Tucker Carlson Tonight, wat in spitstyd in die VSA uitgesaai is, het Roets vir die aanbieder, Tucker Carlson, gesê dat die Suid-Afrikaanse regering weens verskeie redes as aandadig tot plaasmoorde beskou moet word. Roets het verwys na die navorsing wat hy vir sy boek Kill the Boer gedoen het en spesifiek verwys na die deprioritisering van plaasmoorde, klimaatskepping en haatspraak teen boere. Roets het ook aangevoer dat die regering naïef is indien hulle glo dat onteiening sonder vergoeding Suid-Afrika in die “Tuin van Eden” sal omskep, soos onlangs deur president Cyril Ramaphosa beweer is. Hy het verder David Mabuza, adjunkpresident, se dreigement dat daar ’n “gewelddadige oorname” in Suid-Afrika sal wees indien wit mense nie instem om hul eiendom aan swart mense te oorhandig nie, opgehaal. Roets het verwys na die mislukkings van soortgelyke ekonomiese beleide in Zimbabwe, Venezuela, Kuba, Rusland en China en gesê dat die Suid-Afrikaanse regering glo dat hulle dieselfde kan doen, maar dat die gevolge anders sal wees.

Na afloop van die onderhoud het Roets gesê dat die onderhoud ’n groot deurbraak is en dat AfriForum met boodskappe van steun – van binne en buite Suid-Afrika – oorval is. “Ons glo dat hierdie onderhoud ’n groot impak sal hê om voortgesette druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om eiendomsreg te respekteer en plaasmoorde te prioritiseer,” sê Roets.

As die grootste televisienuuskanaal in die VSA het ruweg 100 miljoen huishoudings in die VSA toegang tot Fox News. Die kanaal word in 86 lande uitgesaai.

Die boek, Kill the Boer, word op 30 Junie 2018 gepubliseer

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest