Leesvordering:

Sagole – ’n Bielie van ’n kremetart

Sep 15, 2022

In die hartjie van Vendaland, sowat 65 km suidwes van Musina, staan die Segole-kremetart, die grootste lewende kremetart ter wêreld (gemeet aan sy volume), volgens die Guinness Rekordboek. Segole is ’n Afrika-kremetart (Adansonia digitata). Dit is een van sewe soorte kremetart waarvan ses natuurlik in Madagaskar voorkom en een eie is aan die noord-weste van Australië. Die Segole-bielie is al nagenoeg 1 200 jaar oud en was al daar in die tyd wat Charlemagne keiser van die Romeinse Ryk geword het, Dublin deur die Vikings gestig is en papier vir die eerste keer in China gebruik. Segole was ook al nagenoeg twee eeue oud toe die magtige Mapungubwe-koninkryk in die verre noorde van die teenswoordige Limpopo-provinsie tot stand gekom het. Dié oerboom het ’n omtrek van nagenoeg 37 m, strek sowat 22 m in die lug en sy blarekroon is sowat 38 m wyd. Volgens die Guinness Rekordboek het die Segole-kremetart ’n geraamde bogrondse massa van 54 ton – ’n regte bielie van ’n oeroue boom!   

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest