Leesvordering:

September se snuffelrak vir die jongspan

Sep 4, 2023

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

Mosela en die drie koninkryke

Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar’s net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand? Vind meer uit

 Die seerowers 4: Die seerowers en kaptein Rufus Rottus

AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied ‘n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak teen betaling. Wanneer die gulsige burgemeester weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy ‘n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda en Basjan hulle kan red?

Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! Vind meer uit

Die Feetjiepolisiediens

Almal in Feetjieland kan rustig slaap met Kaptein Fanie en Sersant Saarkie van die Feetjiepolisiediens wat ‘n oog oor hulle hou! Daar is drie sake wat ondersoek moet word: in die Groot Woud by die De Beer-huis het iemand ingebreek en al die pap geëet, Jan Christoffel Reus se hennetjie wat goue eiers lê, is gesteel en Hansie en Grietjie Fick is weg … te midde van vreemde gebeure by Mevrou Le-Vy se gemmerbroodhuisie.  Vind meer uit

Lotta se lewe

Lotta is só opgewonde! Dis ’n nuwe skooljaar en hulle het ’n nuwe klasonderwyser. Sy klasse is baaaaie lekkerder as mevrou Knacker s’n. Hulle huiswerk is om ’n videokanaal te begin. Lotta weet gelukkig hoe dit werk, want Mamma het haar eie TV-program waarop sy produkte uittoets (SANDRA SE WÊRELD op kanaal 987). Maar Lotta en Chantelle se PRODUKTASTIESE PRODUKTOETSERS-kanaal is ongelukkig nie so gewild nie. So hulle gaan nie meer smaakmakers word nie, maar eerder betoog om diere te beskerm. Vind meer uit

Kanniedood

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander. Nou het sy dalk ‘n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand. Vind meer uit

Best Books Lees en kyk met begrip: GR 7 AFR EAT

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za. Vind meer uit

Laai gratis Memorandum hier af

Best Books Lees en kyk met begrip Graad 8 AFR EAT

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. Vind meer uit

Laai gratis Memorandum hier af


Besoek gerus AfriForum Wêreldwyd se Jeugblad vir ’n verskeidenheid van Afrikaanse inhoud soos artikels, blogs, studiemateriaal en aktiwiteite en ook heerlike lees- en kykgenot.

Foto: annie-spratt-unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest