Leesvordering:

Spaarwiel: Finansiële onafhanklikheid – Wat behels dit? En vir wie is dit bestem?

Feb 4, 2022

Deur Eduan Kruger van Spaarwiel

Spaarwiel is ’n podsending wat finansiële onafhanklikheid, persoonlike finansies, en spaar- en beleggingsgeleenthede bespreek. Hierdie podsending word deur Eduan Kruger aangebied waarin hy gesels met die gewone man en vrou asook spesialiste oor persoonlik finansies en finansiële onafhanklikheid.

Ek dink gereeld terug aan die eerste keer wat ek die term finansiële onafhanklikheid (FO) gehoor het. Ek besef ek het nie toe heeltemal begryp wat die konsep werklik behels of beteken nie. Op die ouderdom van 22 het ek gedink FO beteken om ryk te wees. My verwysingsraamwerk van “ryk wees” was tipies gemeet aan wanneer ek en my vroutjie tien of meer eiendomme sou kon besit waarvan die meeste, of al die eiendomme, reeds afbetaal sou wees en ons elke maand sakke vol geld ontvang om uit te gee op wat ook al en wie ook al ons wil.

’n Klompie jaar later en na ’n kombinasie van finansiële foute, persoonlike introspeksie en baie leeswerk oor die konsep van persoonlike finansies, besef ek nou dat ek nie net naïef was nie, maar ook verkeerdelik teveel op die inkomste aspek van die FO-som gefokus het. Daar is nie genoeg aandag aan die uitgawe gedeelte van die som gegee nie.

Finansiële onafhanklikheid klink vir die meeste amper ’n bietjie Grieks, maar eenvoudig gestel; FO verwys na ’n finansiële status wat mens bereik waar jy genoeg welvaart en bates besit om jou lewensuitgawes te dek sonder om van ’n salaris of ander lopende aktiewe inkomste afhanklik te wees.

Finansiële onafhanklikheid skep vir jou vryheid en vermeerder jou opsies in alle aspekte van die lewe. ’n Lewe waar jy meer tyd saam met jou wederhelfte en/of familie kan spandeer. ’n Lewe waar jy jou passie in jou loopbaan kan uitleef sonder dat inkomste jou grootste dryfveer is.

Die meeste mense op die “gewone pad” bereik FO eers aan die begin van hul nuwe lewensseisoen … die dag wanneer jy aftree! Vir die meeste mense (as jy gelukkig is) gebeur dit eers teen die ouderdom 65 of selfs later!

Vir dié wat wel strewe om vroeër FO te behaal, is uittrede uit die normale werklewe egter nie noodwendig die hoofdoel of enigsins ’n doel nie. Inteendeel, die groter strewe is egter om vry te wees om ’n lewe te skep wat ooreenstem met mens se eie waardes en doelstellings.

Wat ook al jou redes is om onafhanklik te wil wees, die beloning van finansiële onafhanklikheid word gevoel lank voordat mens FO bereik. Om net onafhanklikheid na te jaag, gee mens reeds lekker woema, inspirasie en motivering. Boonop raak die ondraaglike dingetjies in die alledaagse lewe ook skielik meer draaglik wanneer jy jou groter doel ingedagte hou.

FO is moontlik vir almal. Miskien nie dadelik nie, maar met die nodige aandag, beplanning en dissipline is dit wel moontlik! En lank voor die ouderdom van 65!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest