Leesvordering:

Spertyd op jou drempel: onthou om jou geld oor te plaas

Okt 14, 2016

Tyd het gevlieg! Voel soos gister wat ons nuwejaarsvoorneme in die dagboek geskryf het, en nou staan ons reeds op die vooraand van ‘n nuwe jaar. Inderdaad, ons is in die laaste termyn van 2016 – met baie woel en werskaf voor die jaar sy laaste asem blaas.

Vir diegene wat oorsee bly beteken dit natuurlik dat die jaarlikse deviesebeheer-spertyd ook nader sluip. Indien jy dus steeds fondse in Suid-Afrika het wat jy landuit wil skuif, is dit noodsaaklik om te beplan en so gou moontlik die administratiewe werk agter die rug te kry.

Jaarlikse deviesebeheer-toelae

Hierdie jaar se spertyd vir oorplasings onder die deviesebeheer-toelae val op 1 Desember. Dit gee Suid-Afrikaners ʼn bietjie meer tyd as laasjaar vir oorplasing van fondse onder die enkel diskresionêre toelaag, maar minder tyd vir oorplasing van fondse onder die buitelandse beleggingstoelaag.

Hierdie twee toelae laat Suid-Afrikaanse inwoners asook landverhuisers toe om geld landuit te verplaas, mits die jaarlikse oorplasings onder sekere limiete val. Hoewel dit dus sou voorkom asof mens ‘n volle twaalf maande het om hierdie oorplasings te doen, val die spertyd histories aan die einde van November en begin Desember en mens het dus tien tot elf maande om van jou oorplasingstoelae gebruik te maak.

Die Suid-Afrikaanse deviesebeheer-regulasies vermag die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om ʼn oog te hou op fondse wat oor landsgrense vloei, en sodoende belastingontduiking en geldwassery te kortwiek.

Limiete en vereistes vir oorplasing van fondse

Saffa-emigrante kan jaarkliks tot R1-miljoen onder die enkel diskresionêre toelaag en tot R10-miljoen onder die buitelandse beleggingstoelaag na die buiteland oorplaas.

Suid-Afrikaners wat van hul enkel diskresionêre toelaag gebruik maak verg slegs hul Suid-Afrikaanse ID-dokument of slimkaart, terwyl diegene wat van hul buitelandse beleggingstoelaag gebruik wil maak ook vereis sal word om hul belastingklaringsertifikaat te toon.

Mens kan enige fondse wat regmatig aangeskaf is oorplaas, hetsy inkomste van ʼn eiendom, belegging, pensioenfonds, trustfonds ensomeer. Indien die proses egter vermoeiend is, of individue fondse soos aftreeannuïteite of boedels wil oorplaas, kan hul aansoek om finansiële-emigrasie doen.

 

Laat cashkows.com die loopwerk doen

Om finansies oor grense te behartig kan soms ʼn nagmerrie wees. Mens moet byvoorbeeld met reëlaars en bemiddelaars in verskeie regsgebiede handel en die tydverskille asook fisiese ontoeganklikheid bemoeilik die proses.

Cashkows.com is ʼn geakkrediteerde finansiële diensteverskaffer met omvattende ervaring in alle aspekte van finansiële migrasie – hetsy jy hulp verlang met jou belastingopgawes, oorplasing van aftreegelde of buitelandse valuta, ons kan jou help! Kontak ons gerus vir vinnige, professionele en vertroubare dienste deur www.cashkows.com te besoek.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest