Leesvordering:

Stemme en stilte

Okt 18, 2021

VRYWARING: Hierdie word nie geskryf om raakgesien te word nie.  Hopelik sal diegene wat my ken weet dat my motief suiwer is. Ons deel die lesse wat ons leer om mekaar te bemoedig en die omvang van God se omgee te deel.

Om ‘n people pleaser te wees is ‘n verskriklike ding.  Die wortel daarvan lê gewoonlik baie dieper as wat mense kan sien, en om daarvan vry te kom, is nie maklik nie.

Wanneer ‘n mens nie die erkenning kry waarna jou people-pleasing-self so smag nie, verdroog jou hart so effens binne-in jou.  Dit raak verkrompel en leeg,  en jou vermoë om uit te gee na buite toe raak… op.

Maar so werk die Heilige Gees met my hart en word daar geroei en gestoei om die nare tentakels van goed-genoeg-wees tot in die senuwee af te sny.   (Sommige dae gaan dit beter as ander.)

Op ‘n baie slegte tyd ‘n paar weke gelede vertel die vyand my moeë brein mos dat ek eintlik niks reg kan doen nie en eintlik niks het om enige iemand te bied nie.  Dit bloot omdat ek nie die wêreldse erkenning kry waarna my people-pleasing-siel so smag nie.

Met die gebed van getroue vriendinne, stap ek weg van daardie afgrond af en onthou ek weer dat wat ek doen nie vir die wêreld is nie, maar vir die Here.

En ‘n refrein begin speel in my kop:  “Just be Jesus.”

Natuurlik is dit net die uitdaging waarvoor die vyand wag.

Die een na die ander ding loop skeef en voor ek my kom kry is ek op pad na ‘n perdekampioenskap as die hoofborg – sonder een stukkie produk om te smous.

Natuurlik wil ek net in ‘n gat loop kruip waar ek nie verskonings hoef uit te dink vir hierdie spesifieke penarie nie, maar ek klim in my kar en sorg dat ek daar kom.  Die hele twee-en-‘n-half-uur lange ry dink ek net by myself dat as ek dan niks het om te verkoop nie, dat ek ten minste liefde en vriendelikheid en vreugde met mense kan deel.

Just be Jesus.

En natuurlik gaan die sluise van die hemel oop!  Binne vyf dae verkoop ek meer as by enige van die vorige geleenthede.  Mense gee vir my geld en stap dan weg met net die belofte dat hulle die volgende week hulle produk sal kry… Nou, as dít nie oorvloed genade is nie, dan weet ek nie!

So deur die loop van die skou kry ek kans om mense te help wanneer hulle hulp nodig het met goed wat op die aarde niks met die besigheid te doen het nie.  ‘n Ongekende energie en passie vul my en my glimlag bly stewig sit.

Just be Jesus.

Tog… Die wêreldse erkenning vir wêreldse mylpale is ‘n gemis en snags alleen in my hotel wil-wil my hart ineenkrimp.  Goed, maar nie goed genoeg nie.

‘n Paar dae gelede kry ek egter ‘n video van ‘n vriendin en ‘n splinternuwe verstaan laat my kop oplig. 

(Die Here se tydsberekening is die heel beste!)

Die prediker vertel hoedat die duiwel in Job hoofstuk 1 die een na die ander ding van Job wegneem.  Die golwe van slegte tydings laat net nie gaan nie.  Weer en weer en weer word Job teleurgestel en sy hart vertrap.

Job weier egter om die Here te verloën. Soveel so dat daar ‘n hoofstuk 2 is.  Die duiwel moet teruggaan na die Here toe met ‘n nuwe plan, want al sy probeerslae eindig in mislukking.

Die vyand se doel is om ons sag te maak.  To weaken our resolve.

Hy kon dit egter nie regkry met Job nie en moes ‘n nuwe plan uitdink, want sy uiteindelike doel?

Om Job se toewyding aan die Here te steel.

Never.  Not going to happen.

“So do not start worrying: ‘Where will my food come from? Or my drink? Or my clothes?’  
(These are the things the ungodly are always concerned about.)  
Your Father in heaven knows that you need all these things.  
Instead, be concerned above everything else with the Kingdom of God and with what He requires of you,  and He will provide you with all these other things.” 

Matthew 6:33 Good News Translation


Soek allereers die koningkryk van God, lui die ou Sondagskoolliedjie.

Soos op net Sy tyd, stuur Vader boodskap op boodskap van diegene vir wie ek kon liefde en omgee wees hierdie week en ek besef net weer wat die belangrikste is:  Just be Jesus.  Die verkope was ‘n bonus.  Hierdie bevestiging dat mense Jesus kon sien en beleef, dít was die kroon op hierdie week.

Selfs my people-pleasing-gogga is mak gemaak.  Die stemme van mense wat ek kon bly maak met oorvloed liefde en omgee, weergalm vanaand baie harder as die stilte van die wêreld se aanmoediging.

Al die dinge en vereistes en eise van hierdie wêreld word op ons pad geplaas om na die beste van ons vermoë te voltrek.  Wanneer ons dit met die liefde van Jesus doen, is ons hart se beloning veel groter as dit wat die wêreld ons mee kan vermaak.

Just be Jesus.

Hierdie liedjie is ‘n nuwe ontdekking en stig my elke dag opnuut:  No limits



			
Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest