Leesvordering:

Sukses: Openbare Beskermer sê gebruik van SANW-vliegtuig vir ANC-reis na Harare is onwettig

Okt 3, 2022

Die Openbare Beskermer (OB) het, na aanleiding van die burgerregteorganisasie AfriForum se klag in 2020, bevind dat die gebruik van ’n SANW-vliegtuig, om ’n ANC-afvaardiging na Harare, Zimbabwe, te vervoer, die wet oortree het. Voormalige minister van Verdediging en Militêre Veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en ses ander ANC-afgevaardigdes het op 8 September 2020 van die Waterkloof-lugmagbasis vertrek en op 9 September 2020 teruggekeer. Die totale kostes verbonde aan die reis was R231 973, bo en behalwe verversings aan boord die vliegtuig wat R15 558 beloop het.

Die OB het bevind dat Mapisa-Nqakula nie die magtiging of toestemming gehad het om die ANC-afvaardiging te vervoer in ’n SANW-vliegtuig, wat slegs goedgekeur is om haar en haar personeel na Harare en terug te vervoer nie. Dus, volgens die OB is staatshulpbronne onwettig gebruik om ’n politieke party onbehoorlik te bevoordeel. Die OB het opdrag gegee dat die president binne 30 dae ná ontvangs van die verslag ’n direktief moet uitreik wat die nakoming van die ministeriële handboek voorskryf met betrekking tot die gebruik van staatsfondse vir lugreise.

“Dit is absoluut veragtelik dat die ANC staatsfondse onwettig gebruik het om die party te bevoordeel. Hierdie optrede toon die ANC se minagting vir die mense van hierdie land, asook dat die ANC homself as verhewe bo die reg beskou. AfriForum sal voortgaan om in belang van die publiek te veg teen die ANC se misbruik van staatsfondse, wanbestuur en korrupsie,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest