Leesvordering:

Natuurhoekie – Sebra- of blouwildebees oorgang?

Sep 30, 2022

Deur Alana Bailey

Blouwildebeeste en rooibokke wei saam by Kwaggaspan in die Nasionale Krugerwildtuin.

Tien pretfeite oor blouwildebeeste:

  • Hulle is nou verwant aan beeste, bokke en skape.
  • Blou- en swartwildebeeste is die grootste van alle wildsbokke. Blouwildebeeste weeg rofweg 118 tot 270 kilogram.
  • Beide bulle en koeie het horings, wat sowat 45 tot 78 sentimeter lank word.
  • Blouwildebeesmannetjies kan só hard bulk dat die geluid tot 2 kilometer ver gehoor kan word.
  • Koeie is dragtig vir agt tot agt en ’n half maande.
  • Kalwers weeg ongeveer 20 tot 22 kilogram by geboorte.
  • Hulle leer om binne minute na geboorte te loop.
  • Kalwers word op die ouderdom van ses tot nege maande gespeen.
  • Blouwildebeeste kan ongeveer 20 jaar oud word.
  • Wanneer roofdiere hulle bedreig, sal blouwildebeeste beskermend saamstaan, waarskuwings bulk en selfs die roofdiere probeer wegjaag.

Terloops, nie ver van die begin van die video af nie, kan ’n mens ’n rooibokram met ’n gebreekte horing sien. Heel waarskynlik het hy die horing vroeër in ’n geveg met ’n ander ram gebreek.

Die beeldmateriaal is deur Katie en André van Two-V Productions op hulle You Tube-kanaal geplaas. Hartlike dank aan hulle vir pragtige video’s! Teken asseblief in op dié kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van AfriForum Uitgewers bestel word en is ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest