Leesvordering:

Taal Tel 7 – Diens in die twaalfde amptelike taal

Aug 30, 2023

Deur Alana Bailey

Op 19 Julie 2023 het pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaanse Gebaretaal tot ’n amptelike taal van die land bekragtig. Dit het ’n einde gebring aan die jarelange vertoë van aktiviste uit die gehoorgestremde gemeenskappe van die land dat hulle taalregte ook statutêre erkenning moet geniet.

Aan die een kant is ons al gewoond aan tolke wat byvoorbeeld nuusbulletins intyds tolk, maar aan die ander kant is baie min sakeondernemings en selfs staatsdepartemente toegerus om diens aan lede van die publiek in Suid-Afrikaanse Gebaretaal te kan lewer. Juis om dié rede was ons opgewonde toe ons van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se jongste inisiatief verneem. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, het met verteenwoordigers van die Taaldienste-eenheid, Kommunikasie, van die SAID hieroor gesels.

Wat behels die diens wat die SAID in September vanjaar vir belastingbetalers aanbied?

Die SAID sal elke Vrydag van September (wat Dowebewustheidsmaand is) gebaretaaltolke by bepaalde takke beskikbaar stel.

Waar en wanneer kan lede van die publiek van die diens gebruik maak?

Die diens sal beskikbaar wees op Vrydae 1, 8, 15, 22 en 29 September 2023 van 08:00 tot 16:00 by die volgende takke: Kaapstad (Lower Longstraat), Pretoria (middestad), Durban (middestad), Newcastle, Port Shepstone, Mbombela, Mthatha, Oos-Londen, Gqeberha, Klerksdorp, Rustenburg en Thohoyandou.

Die SAID doen al meer moeite met dienste in meer tale, soos nou ook met Suid-Afrikaanse Gebaretaal. Word dit goed deur die publiek benut?

Hoewel die meeste belastingpligtiges deesdae van ons aanlyndienste soos eFiling en die SARS MobiApp gebruik maak, moet daar ingedagte gehou word dat die teikengehoor nie ’n groot aantal belastingpligtiges uitmaak nie en meestal van hierdie diens gebruik maak om vir gestremdheidsverwante uitgawes te eis en om hulle belastingnakomingstatus na te gaan. Die diens word dus elke jaar deur die teikengehoor verwelkom wanneer dit by bepaalde takke aangebied word.

As lede van die publiek taal- of kommunikasieprobleme met SAID-sake ervaar, wie kan hulle kontak?

Indien dit spesifiek ’n taalkwessie is, is belastingpligtiges welkom om ons te kontak deur ’n e-pos te stuur aan language@sars.gov.za, alhoewel ons personeel altyd strewe om belastingpligtiges te help in die tale wat oorhoofs in die tak/streek gepraat word. Alternatiewelik, kan belastingpligtiges in ander tale gehelp word mits reëlings vooraf getref word om ons in staat te stel om betyds die nodige hulpbronne te reël om sodanige belastingpligtige te help.

Baie dankie vir hierdie diens – ons moedig die Gebaretaalgemeenskap aan om daarvan gebruik te maak en ook terugvoer daaroor aan die owerhede te gee. Ons hoop dit sal meer staatsdepartemente en ook selfs die privaat sektor aanmoedig om soortgelyke inisiatiewe van stapel te stuur!

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest