Leesvordering:

So uit die verte – oor tegnologie en tydsones

Feb 12, 2016

Landverhuising is maar moeilik as dit by internasionale kommunikasie kom. Hoe nou gemaak as jy met jou mense in die moederland wil kommunikeer? Hoe oorbrug ʼn mens die kwessies van tydsones en afstand? Wel, gelukkig leef ons tans in ʼn tegnologiese era waar kommunikasie oor tydsones en landsgrense heen toenemend effektief en vlugtig raak.

En die goeie nuus is dat hierdie tegnologie net sal verbeter met tyd. Hoewel ons nou nie juis ʼn vêrkyker het vir ʼn blik op die toekoms nie, het ons wel ʼn paar wenke om jou kommunikasie met jou geliefdes oor internasionale waters te vergemaklik.

Sosiale media

Die maklikste manier om tans met jou familie en vriende in ander lande in kontak te bly, is met sosiale media. Wat sosialemediaplatforms so effektief maak, is die manier waarop dit inligting versamel en vertoon en kollektiewe bydraes op ʼn verteerbare manier met alle gebruikers deel. Jy kan byvoorbeeld tred hou met die doen en late van iedere geliefde en jou stellings verstel om jou voorkeurinligting of individue te prioritiseer.

World Time Buddy

Indien tydsones vir jou ʼn probleem is, kan jy gerus na World Time Buddy gaan kyk. Hierdie webtuiste laat jou toe om verskeie dorpe of stede tegelykertyd op ʼn kalender te beskou indien jy jou week of maand wil beplan. Jy kan ook hulle knapfoon-toepassing aflaai wat jou in staat stel om die funksionaliteit deur die loop van die dag met jou knapfoon/slimfoon te gebruik.

Google

Google is sonder twyfel ʼn reus in die aanlynwêreld. En dit is dus vanselfsprekend dat só ʼn reus oor die beste inligting- en dokumentdelingstoepassings beskik. Wat Google so effektief maak, is die integrasie van menigvuldige toestelle en platforms – jy kan jou e-pos, foto’s, dokumente, afgelaaide internetinhoud, sigblaaie en nog meer met ander mense asook tussen jou selfoon, skootrekenaar en lessenaarrekenaar deel. Jy sal egter ʼn Gmail e-posrekening moet skep en moet instem tot die gebruiksvoorwaardes van die addisionele toepassings en rugsteunkopieë, soos Google Foto’s wat jou foto’s en alles wat jy aflaai, outomaties kopieer en stoor.

Jou eie gesinswebtuiste

Dit is deesdae so maklik om ʼn webtuiste te skep. Daar is derduisende aanlyn-diensverskaffers wat jou toelaat om gratis webwerwe te skep en die hierdie platforms is baie maklik om te gebruik. Jy moet eerstens jou platform kies – jy kan byvoorbeeld WordPress, Weebly of Wix gebruik, wat almal gratis platforms is. Sodra jy ʼn naam vir jou webtuiste gekies het, kan jy bladsye oopmaak soos jy wil – hetsy ʼn galery vir jou kiekies, ʼn blog waar jy jou gedagtes kan deel of familiestambome. Jy kan skakels na ander webtuistes, besighede en sosialemediarekeninge deel, en so meer. Indien jy jou vriende of familie wil toelaat om ook tot die webtuiste by te dra, kan jy vir hulle ʼn inskakelwagwoord gee. Jy kan ook kies of soekenjins soos Yahoo en Google die webtuiste moet kan vind of nie – sodoende kan jy kies om die webtuiste slegs met mense te deel vir wie jy die skakel stuur.

Aanlynrekeninge

Indien jy rekeninge internasionaal moet bestuur, is daar verskeie platforms wat jou toegang tot hierdie rekeninge bied. Daar is aanlynbankwese en aanlynforums en die meeste besighede laat jou toe om aanlyn in te teken, ongeag waar jy jou in die wêreld bevind. cashkows.com, ‘n vooraanstaande verskaffer van finansiële migrasiedienste vir Suid-Afrikaners regoor die wêreld, het byvoorbeeld ‘n platform waar kliënte hul dienste en voorkeure kan bestuur. Alle dienslewering is van ver af beskikbaar – wat beteken dat jy geensins ‘n tak of kantoor hoef te besoek om jou finansies oor landsgrense te bestuur nie. Besoek gerus cashkows.com vir meer inligting.

Cashkows (Edms) Bpk, wat as cashkows.com handeldryf, is ‘n gelisensieerde Suid-Afrikaanse Finansiële Diensteverskaffer. FSP # 42872

*Hierdie artikel is verskaf aan Wêreldwyd deur Cashkows.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest