Leesvordering:

Wanneer is ‘n individu nie meer in Suid-Afrika woonagtig nie?

Jun 30, 2016

‘n Belastingbetaler het nie amptelik geëmigreer nie, maar het in die buiteland gewoon en ‘n inkomste verdien sonder enige voorneme om terug te keer. Van wanneer af moet die belastingbetaler as ‘n nie-inwoner behandel word omdat hy nou in die buiteland woon?

‘n Persoon sal nie meer as ‘n RSA-belastingbetaler beskou word indien hy/sy nie meer normaalweg in die RSA woon nie of indien hy/sy geag word uitsluitlik ʼn inwoner van ‘n ander land te wees met die oog op die toepassing van ‘n ooreenkoms tussen die regerings van die RSA en daardie ander land vir die vermyding van dubbele belasting.

Die 330 dae (wat in die definisie van ‘n inwoner genoem word) is slegs van toepassing op ‘n persoon wat as ‘n inwoner van die RSA beskou word.

Die kennisgewing vir die 2016-belastingjaar vereis dat ‘n natuurlike person ‘n inkomstebelastingopgawe moet indien mits die persoon:

(d) (i) in die RSA handel gedryf het (behalwe in sy of haar hoedanigheid as werknemer);

(ii) ‘n toelae of voorskot betaal of toegestaan is soos beskryf in artikel 8(1)(a) van die Wet (behalwe as die bedrag terugbetaal of voorgeskiet is soos beskryf in artikel 8(1)(a)(ii)) en sy/haar bruto inkomste oorskry R73 650, R114 800 of R128 500;

(iii) se kapitaalwinste of kapitaalverliese R30 000 oorskry het;

(e) ‘n nie-inwoner is wie se bruto inkomste bestaan het uit rente van ‘n bron in die RSA waarop die bepalings van artikel 10(1)(h) van die Wet nie van toepassing is nie.

Die inkomstebelastingopgawe hoef nie ingedien te word nie as daardie persoon se bruto inkomste uitsluitlik bestaan het uit bruto inkomste wat in een of meer van die volgende subparagrawe beskryf is:

(a) vergoeding, behalwe ‘n toelae of voorskot soos waarna verwys word in paragraaf (d)(ii) hier bo, wat betaal is of betaal moet word uit ‘n enkele bron, wat nie die bedrag van R350 000 oorskry nie en waarvoor werknemersbelasting afgetrek of teruggehou is ingevolge die aftrekkingstabelle wat deur die Kommissaris voorgeskryf is;

(b) rente van ‘n bron in die Republiek van hoogstens:

(i) R23 800 in die geval van ‘n natuurlike persoon onder die ouderdom van 65 jaar; of

(ii) R34 500 in die geval van ‘n natuurlike persoon van 65 jaar of ouer;

(c) dividende aan ‘n natuurlike persoon wat regdeur die 2016 belastingjaar ‘n nie-inwoner was.

Neem asseblief kennis dat dit raadsaam is om die SA belastingopgawe te voltooi indien die belastingbetaler steeds bydra tot ‘n SA uittredingsannuïteitsfonds omdat hy dan later geregtig is op ‘n belastingaftrekking wanneer hy uit die fonds uittree.

Kontak gerus die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) met jou belastingnavrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest