Leesvordering:

Wat om te pak as jy emigreer of reis – die moets en moenies

Aug 7, 2023

Wat moet jy alles inpak en wat moet agterbly? Dit is een van die moeilikste vrae wanneer dit by reis of migrasie kom. Wat is die doeanevereistes van die land waarheen jy op pad is en gaan jou Suid-Afrikaanse bedlinne orals anders bruikbaar wees? Soms kry emosies die oorhand en word goed ingepak wat van weinig nut gaan wees wanneer jy by jou bestemming aankom.

Hier is ’n paar wenke!

  1. Los jou elektroniese toestelle

Die meeste van jou toestelle sal nie in lyn wees met ander lande se spanningsuitset nie. Daar is ’n goeie kans dat jou haardroeër en Nespresso-masjien ’n 220 V- of 230 V-uitset gaan hê terwyl jy in Kanada byvoorbeeld ’n 120 V gaan nodig hê. Loer ook eers na die huis of woonstel wat jy gaan huur, dit is in talle lande normaal dat toestelle soos mikrogolwe, wasmasjiene en skottelgoedwassers ingesluit is. In Australië is hulle spanningstandaard 230 V maar dit is inderwaarheid 240 V wat gebruik word. Die laaste ding wat jy wil hê is om ’n klomp goed te pak en dan brand dit uit in die eerste paar uur van gebruik.

2.  Koop nuwe linne!

As ons in Suid-Afrika van ’n enkelbed praat, verwys dit na ’n standaardgrootte van 92 cm x 188 cm, ’n dubbelbed sal 137 cm x 188 cm wees terwyl ’n koningingroottematras 152cm x 188cm is. In Europa is ’n dubbelbed effens langer as in Suid-Afrika en is hulle koninggroottematrasse 152 cm x 198 cm, terwyl Suid-Afrika se matrasse 183 cm x 188 cm is. In Engeland weer is dubbelbeddens 135 cm x 190 cm en in Amerika is koningingroottematrasse 15 cm langer as in Suid-Afrika. Die beginsel is dat jy jouself êrens met verskil in groottes gaan vasloop as jy jou Suid-Afrikaanse linne probeer hergebruik.

Dieselfde geld vir standaard venstergroottes. Standaard venstergroottes in Suid-Afrika kan verskil van die in die Verenigde Koninkryk en Amerika. Gordyne is iets wat jy ook eerder moet koop wanneer jy daar is!

3.   Koop by dié winkels

As jy ’n klomp van jou besittings en benodighede moet agterlaat, wat is van die beste winkels waar jy weer alles kan aanskaf? Talle Suid-Afrikaners wat emigreer het meen dat hierdie winkels dié is om voor uit te kyk:

  • IKEA: Eenvoudige meubelstukke wat maklik aanmekaarsit, moderne dekoritems en omtrent alles anders wat jy vir jou huis gaan nodig hê, sal sekerlik by IKEA beskikbaar wees.
  • Bed, Bath and Beyond: Ideaal as jy handdoeke en enige kombuisware benodig.
  • Pottery Barn: Vir meubels, beligting en dekor wat veral fokus op die plaas-styl.
  • Wayfair: ’n Aanlyn winkel waar jy als kry van koffietafels, buitelugmeubels, kuns, Kersversierings en beligting.

4. Neem dié items saam

Behalwe vir alles wat jy nie kan saamneem nie, is daar tog items wat jy moet seker maak jy wel inpak. Hier is ’n kort lys van die belangrikste benodighede:

  • Geboortesertifikatee
  • Paspoorte
  • Immunisasierekords
  • Voorskrifte wat deur ’n dokter gesertifiseer is
  • Reisversekeringsdokumente
  • Selfoon-, skootrekenaar-, tablet- en kameralaaiers
  • Kredietkaart wat geaktiveer is vir internasionale betalings
  • Grimering (ander lande is dikwels veel duurder as Suid-Afrika)
  • ’n Maand se voorraad van medikasie soos probiotika, magnesium en ibuprofen
  • Gesigwas, seep, tandepasta of enige ander benodighede wat jy in ’n houer van 100 ml of minder kan kry. Die meeste lande se doeanes vereis dat vloeistowwe in 100 ml of minder verpak moet wees.

5. Los jou braai

Lande soos Nieu-Seeland en Australië is dikwels strenger as dit kom by oop vure, los daarom eerder jou braaier in Suid-Afrika. Die kans is goed dat jy eers ’n gasbraaier gaan moet aanskaf! Alhoewel jy jou braai moet los, kan jy steeds oorweeg om een of twee meubelstukke van egte hout saam te neem. Alhoewel dit ’n spaaritem is, is houtmeubels veel duurder in ander lande en is dit goed vir die siel om darem iets bekends in jou omgewing te hê. Maak net seker jy praat met jou verskepingsagent oor die bestemmingsland se vereistes rondom die soort houtmeubels wat toelaatbaar is.

Ongeag of jy op ’n lang reis gaan of emigreer, dit is ’n ideale geleentheid om uit te gooi wat nie noodsaaklik is nie. Die uitpak is ook opwindend vir kinders en dit kan ’n lekker uitstappie wees om nuwe dekor en meubels te gaan koop.

Stuur gerus julle stories, glipsies, wenke of vrae aan AfriForum Wêreldwyd – ons hoor graag van julle!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest