Leesvordering:

AfriForumTV

Jul 18, 2023

AfriForumTV is uit die passie van ’n groepie kreatiewe filmmense ontwikkel. Die produksiespan van AfriForumTV skep nuwe stories en programme in Afrikaans. Hulle is passievol oor hul werk en beskou dit as kuns. Dit is verstommend hoe die produksiepan ’n konsep kan neem en ’n hele film of reeks daaruit kan skep terwyl hulle tydens die proses soos ’n familie word. Van vroeë, koue oggende waar die sonsopkoms die mooiste prentjie op film wys, tot waar die redigeerder hierdie beeldmateriaal ná die tyd verpak om ’n storie te lewer. Die span gee lewe aan ’n draaiboek.

Akteurs en aktrises vorm hulle karakters en die kostuumontwerpers en grimeer- en haarkunstenaars maak die karakter eg. Die kunsdepartement skep die ruimte vir elke toneel en elke tegniese rolspeler in die produksie maak seker dat hierdie verhaal ‘n hartklop het, terwyl die regisseur sy/haar visie van hierdie konsep na vore bring. Die vervaardigers bring alles bymekaar en maak seker dat alles volgens plan verloop van die begin tot die einde. Animeerders, wat ’n passie het vir hierdie vorm van visuele kuns, blaas lewe in getekende prentjies en karakters. Stemme en musiek word bygevoeg om ook ’n verhaal te vertel. Die filmbedryf is harde werk, maar dit is ongelooflik bevredigend om ’n suksesvolle eindproduk te lewer en veral as die produksiespan kan sien hoe die kykers die stories en programme geniet. Dit maak ALLES die moeite werd om hierdie werk passievol uit te leef.

AfriForumTV is gestig om ’n breë gemeenskap te bereik met visuele inhoud deur vermaak uit verskeie genres. AfriForumTV is nuut, modern en beloof om die kyker ’n genotvolle ervaring te bied.

AfriForumTV vorm deel van die kommunikasieafdeling by AfriForum. AfriForumTV is gratis vir lede en nie-lede en is aanlyn beskikbaar via alle Android-toestelle. Jy kan ook die toep aflaai en dit is ook beskikbaar vir alle Google Play-gesertifiseerde slim-TV’s.

Besoek www.afriforumtv.co.za. Vir enige navrae stuur ’n e-pos aan navrae@afriforumtv.co.za. Jy kan ook AfriForumTV op Facebook, Instagram, Twitter en TikTok vind, waar inligting oor ons programme gedeel word.

Sonder JOU is hierdie afdeling nie moontlik nie. Word deel van ons familie waar ons lewe blaas in geskrewe draaiboeke en idees.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest