Leesvordering:

Stemdae vir Suid-Afrikaners oorsee

Feb 28, 2024

Die stemdatums vir Suid-Afrikaners wat nie in Suid-Afrika woon nie is aangekondig! Stemdag in Suid-Afrika is op 29 Mei, en burgers buite Suid-Afrika het geleentheid om op óf 17 Mei, óf 18 Mei te kan stem, afhangend van die gasheerland se dominante godsdienstige en kulturele praktyke:

  • In lande waar die naweek op Vrydag en Saterdag val: 17 Mei 2024
  • In lande waar die naweek op Saterdag en Sondag val: 18 Mei 2024

Kennisgewing vir stemming buite die land (VEC 10)

Aanlyn VEC 10-kennisgewing en aansoekvorm

As jy by ’n internasionale stemlokaal gaan stem waarby jy nie geregistreer is om te stem nie, moet jy ’n aanlyn VEC 10-aansoek vir ’n spesiale stem teen 22 April 2024 om 23:59 indien.  

Stel die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in kennis van jou voorneme om by ’n Suid-Afrikaanse diplomatieke sending buite Suid-Afrika te gaan stem.

Om buite Suid-Afrika te stem word geag ’n spesiale stem te wees. Anders as vorige jare word nie alle kiesers wat buite Suid-Afrika gaan stem, verplig om vir ’n spesiale aanlyn stem aansoek te doen nie (bekend as ’n VEC 10-aansoek).

  • As jy geregistreer is om buite die land te stem en jy van plan is om by ’n geakkrediteerde sending te gaan stem waarby jy geregistreer is om te stem, hoef jy NIE ’n aanlyn VEC 10-aansoek vir ’n spesiale stem in te dien nie.
  • As jy egter gaan stem by ’n geakkrediteerde sending waarby jy nie geregistreer is om te stem nie, MOET jy ’n aanlyn VEC 10-aansoek vir ’n spesiale stem indien.

As jy hierdie vorm voltooi, stel jy die OVK in kennis van jou voorneme om buite Suid-Afrika te stem deur die sending aan te dui waar jy gaan stem.

Lees meer: https://www.elections.org.za/pw/OnlineForms/VEC-10-Notification-Online

Hierdie is die nuutste inligting wat op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se webtuiste verskyn. Dit bly steeds jou verantwoordelikheid om die OVK se webtuiste deurlopend te besoek om op hoogte te bly as enige inligting moontlik verander.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest