Leesvordering:

’n Wit Kersfees in Kanada

Des 14, 2016

Kersfees in Kanada is verseker anders as in Suid-Afrika. Dit is koud en gewoonlik wit gesneeu.

Die mense hier gaan heeltemal oorboord met ligte! In die tuine, teen die huise, in die bome en dan nog op opblaasfigure en figure wat uit hout gesny of met draad gevleg is.

Ons is gelukkig dat daar altyd Suid-Afrikaners was saam met wie ons Kersfees kon vier orals waar ons al gebly het (Saskatchewan en Brits-Columbië).

Ons het ons eerste Kersfees in Prince George (2013) saam met Kanadese gevier, waar ons vir die eerste keer ’n groot, vol kalkoenete beleef het. ’n Tipiese Kersete bestaan uit die kalkoen, kapokaartappels en sous, soetmielies, vulsels en ’n groen slaai. Een van die gewildste nageregte is angel food cake met vrugte en geklopte room (klaar voorberei in ’n bakkie wat soos margarienhouer lyk).

As ons tussen Suid-Afrikaners is, doen ons die boerekosding: skaapboud, rys, sous, gebakte aartappels, groenbone en soetpampoen! En moenie die gebakte poeding en vla vergeet nie! Tuisgemaakte vla, want hier koop jy nie vla in boksies nie!

Die Kanadese is egter nie almal op die ware betekenis van Kersfees ingestel nie … so, baie ignoreer die Kersfeeskerk- of sangdienste.

Vanjaar gaan ons wel Kersfees in Suid-Afrika vier – die eerste Kersfees in tien jaar by ons familie!

Groete

Karen Jordaan

 

Ander artikel: Kampavonture in Kanada

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest