Leesvordering:

NAWEEK NADINK: 100 mense is reg vir die slegte nuus

Sep 28, 2017

Ons vlieg dié week Suid-Afrika toe!

Ek sien verskriklik daarna uit om met ’n paar goeie vriende van my skooldae op te vang tydens ons skool se 25 jaar-reünie wat by die Allemanskraaldam in die Vrystaat gehou word. My vrou Chrisna se 25 jaar-skoolreünie word ook vanjaar in Bloemfontein gehou.

Ek is verlede week net weer eens daaraan herinner hoe belangrik kliënte- en klanteterugvoer is, maar selfs meer belangrik, hoe jy op die inligting reageer en wat jy daarmee doen.

Een van die groter “dorpe” naby ons is ’n plek genaamd Hemel Hempstead, wat gereeld produksiespanne en akteurs van sowel Hollywood as die BBC trek, spesifiek die Hemel Hempstead Old Town waarvoor ek so lief is.

Daar is ’n nuwe koffiewinkel in die Old Town waar ek al vantevore ná 5 minute uitgestap het omdat die twee eienaars geensins hul klante se teenwoordigheid erken nie. Klante staan met ander woorde in die ry, onseker of die eienaars van hul bestaan bewus is. (Hoe word ek nou herinner aan daardie harde klokkies wat in sekere ouer winkels lui ten einde jou teenwoordigheid aan te kondig … vir die eienaar en die dorp!)

Ek besluit toe om die eienaars ’n tweede kans te gee.

Daar staan ek toe tweede in ons ry van twee mense. Ongelukkig gebeur presies dieselfde ding! In stede van uitstap, besluit ek om eerder deel van die oplossing te wees en vra die twee eienaars of ek hulle positiewe kritiek kan gee…

Hulle was klaarblyklik reg vir my kritiek, maar die man was in realiteit nie eintlik reg of lus nie. Ek kon in die ou se reaksie (sy vrou het meer uitgevra) agterkom dat hy beledig gevoel het. Omdat ek nie na “mompeltaal” luister of dit verstaan nie, sê ek toe vir hom op ’n mooi manier dat dit sy keuse is om die inligting te gebruik of nie.

Sy antwoord: “Dankie, ek verkies om nie die inligting te gebruik nie. Ek is al 30 jaar in die kliëntediensindustrie.”

So wat is my punt?

Tien jaar gelede het ’n ongelukkige klant/kliënt gemiddeld tien ander mense van ’n nare ondervinding met ’n diens of produk vertel. Vandag, met die krag van sosiale media, bereik dit maklik ’n honderd mense.

Jy kan self besluit of jy die inligting wil gebruik of nie.

Soos jy teen nou al weet (of nie) het ek my eerste reeks digitale produkte geloods. Die eBoek is ’n besigheidshulpbron van 62 bladsye en bevat 104 verkoopstrategieë en besigheidsfoute van Afrikaner-besigheidsghoeroes, asook ’n splinternuwe KLIPKOUERS-digitydskrif. Klik hier vir meer inligting.  

Lees ook: NAWEEK-NADINK: Liefde is nie heeltemal blind nie

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest