Leesvordering:

NAWEEK-NADINK: Net tien jaar om oornag sukses te behaal…

Okt 19, 2017

Verlede week maak ons toe ʼn draai in die Oos-Vrystaat. Destyds in die 90’s het my pa help bou aan die Katsedam, en ons het gedurende my Universiteitsjare in Ficksburg gebly.

Dit was heerlik om na meer as 13 jaar op die pragtige plaas van Friedl en Lindie von Maltitz, Saxon Park, te kon Airbnb. Friedl vertel my toe bietjie meer van die familiegeskiedenis en hoe sy oupagrootjie die plaas begin het.

By die eeuwisseling was hierdie plase basies maklik bekombare stukke grond, maar in ruil daarvoor het die destydse regering van families verwag om die rol van “grenspolisie en weermag” te vervul. Hierdie rol is hoofsaaklik deur die vrouens vervul omdat die mans (ter wille van oorlewing) verplig was om op die handelsroetes te gaan werk. Die vrouens en kinders was dan maande aaneen alleen op die plase.

Mettertyd het hierdie boere met verskeie soorte boerderye geëksperimenteer (probeer en tref). Ficksburg het oor die jare bekend geraak as kersie- en aspersiewêreld, maar hierdie erfenis is met bloed en sweet gekoop.

So wat is my punt:

Dit is baie maklik (en ek het ook al hierdie fout gemaak) om na mense of besighede se sukses te kyk en aan te neem dat hulle maklik of oornag sukses behaal het. Maar daar is altyd ʼn prys wat iemand moes betaal het. Dalk is jy besig om die prys te betaal? Dis ook waarom die woorde “white privilege” vir my ʼn belaglike nuutskepping is.

Een van my gunstelingsêgoed is juis: “Dit het hom net tien jaar gevat om oornag sukses te behaal.”

Soos jy teen dié tyd weet (of nie), het ek my eerste digitale produkte geloods. Die e-boek is ʼn 62 bladsye lange sakehulpbron. Dit bevat 104 verkoopstrategieë en sakefoute van Afrikanersakeghoeroes asook die splinternuwe digitale tydskrif KLIPKOUERS. Klik hier vir meer inligting.

Lees ook: NAWEEK-NADINK: DIT WAAROP JY FOKUS, WORD AL HOE GROTER

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest