Leesvordering:

Sewende (en laaste) boek in gewilde geskiedenisreeks binnekort beskikbaar

Nov 16, 2017

Wes-Transvalers was (en is waarskynlik steeds) bekend vir hulle hardkoppigheid en gehardheid. Dit is juis hierdie eienskap wat burgers van dié area tydens die Anglo-Boereoorlog hulle uitsonderlike uithouvermoë gegee het. In ’n nuwe boek wat binnekort by Kraal Uitgewers verskyn, kom die omvangryke krygsgeskiedenis van dié oorlog in die westelike streek van die toenmalige ZAR in die kollig.

Skrywer, boer, historikus en gebore Wes-Transvaler, Pieter de Jager, se monumentale werk Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die oorlog, 1899-1902 is die sewende en laaste boek in Kraal se gewilde reeks versamelaarswerke, Erwe van ons vaad’re. Dié reeks staan onder redaksie van prof. Andries Raath van die Universiteit van die Vrystaat.

De Jager is nie ’n nuweling in geskiedeniskringe nie. Sy passie vir sy geboortedorp Ottosdal, die omgewing en sy mense het reeds neerslag gevind in die publikasie van ’n vroeëre werk getiteld Die Korannafonteiners: Stories oor Ottosdal en sy mense wat in 2008 by Protea uitgegee is.

Sy nuutste boek is die resultaat van ’n leeftyd se belangstelling in en liefde vir die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en die oorlog in Wes-Transvaal spesifiek. In sy navorsing vir Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die oorlog, 1899-1902 het De Jager talle voorheen ongepubliseerde manuskripte en klankopnames opgespoor. In hierdie werk word juis ook van die minder bekende oorlogsinsidente van die Wes-Transvaal aan die leser gebied.

Oor die Wes-Transvaalse bevelvoerder en alombekende “Leeu van die Wes-Transvaal”, De la Rey, is De Jager duidelik. “Hy het die vermoë gehad om mense aan te trek,” sê De Jager. Die generaal, dikwels slegs gewapen met sy karwats, het “sonder twyfel kop en skouers bo ander uitgestaan”.  Hy was ’n geharde vegter in murg en been. En sy burgers? Van die dapperste in die hele oorlog, meen De Jager. Maar hoe dan anders? Die ongenaakbare Wes-Transvaal het sy seuns geen ander keuse gelaat nie.

Kontak Kraal Uitgewers by kraal@kraaluitgewers.co.za om jou naam op die voorafbestellingslys te voeg en ons sal jou in kennis stel sodra die boek beskikbaar is.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest