Leesvordering:

Jaco Jacobs het gewoon geen brieke nie – nog ’n toekenning!

Nov 8, 2018

Twee boeke van Jaco Jacobs is gisteraand bekroon by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings, beter bekend onder die Engelse akroniem SALA.

In die splinternuwe kategorie vir kinderboeke is drie boeke bekroon, twee van hulle deur Jaco Jacobs.

Die drie boeke wat gewen het, is die kinderrympiebundel Moenie hierdie boek eet nie!, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers), die prenteboek Daar’s nie ’n krokodil in hierdie boek nie, deur Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) en die geskiedkundige roman There should have been five, deur Marilyn Honikman (Tafelberg Uitgewers).

Die skrywers deel die prysgeld in dié kategorie.

Jacobs sê die toekenning is vir hom ’n groot eer. “Geletterdheid is regtig ’n groot knelpunt in ons land. Dit is belangriker as ooit dat ons kinders lief moet maak vir lees, en vir hulle goeie, toeganklike, eietydse leesstof moet bied. Ek is daarom regtig dankbaar dat die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings met dié nuwe kategorie erkenning gee aan die belangrike rol wat kinderboeke in ons samelewing én in ons letterkunde speel.”

Wat bekronings betref, was 2018 ’n groot jaar vir Jacobs. Hy het reeds vanjaar die Tienie Holloway-medalje (vir sy boek Grom!) en twee ATKV-Kinderboektoekennings gewen, en is pas vir Brittanje se oudste en mees prestigeryke kinderboektoekenning, die Carnegie-medalje, benoem vir die Engelse vertaling van ’n Goeie dag vir boomklim.

Die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings is gisteraand (6 November) tydens ’n spoggeleentheid in Pretoria oorhandig. Boeke in elf amptelike tale kom vir die toekennings in aanmerking.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest