Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Lekker Stuff Entertainment

Jun 5, 2019

Indien jy in die buiteland woon en hard aan die knop in jou keel moet sluk wanneer jy terugdink aan aande in die Bosveld met potjiekos wat op die vuur prut, dan is Wêreldwyd se Wêreldgids net wat jy nodig het. Die Wêreldgids sal die verlange huis toe so ’n klein bietjie ligter maak; dis nou nie ’n kampvuur in die Bosveld nie, maar is darem naby genoeg. Elke week kies Wêreldwyd ’n onderneming uit die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is ‘n Lekker Stuff Entertainment in Nieu-Seeland.

Daar is min dinge so lekker soos om die radio aan te sit en musiek te hoor in ‘n taal waarin jy groot geword het en dit is juis dié tipe van familiariteit wat Lekker Stuff Entertainment se Karisma Nel na die Suid-Afrikaanse ekspats in Nieu-Seeland wou bring. Sy het dit só goed reggekry dat Lekker Stuff Entertainment sommer in 2018 weggestap het met die titel vir Beste Gemeenskapsmusiekprogram in enige Taal by die Nieu-Seelandse Radio Toekennings.

Musiek is die universiële taal wat almal verstaan en dit het die krag om gemeenskappe bymekaar te bring daarom is dit belangrik om inisiatiewe soos Lekker Stuff Entertainment te ondersteun wat hulle deel doen om mense te laat saam kom om ‘n gemeenskap te vorm.

Hier is ‘n bietjie meer inligting oor Lekker Stuff Entertainment:

Lekker Stuff is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse radio program/podsending in Nieu-Seeland.
Behalwe vir ‘n radio program brei Lekker Stuff ook uit tot #lekkerevents, #lekkermerch en ook #lekkertv.
Lekker Stuff is die opperse Suid-Afrikaanse ervaring!
Karisma Nel is die stuurkrag agter Lekker Stuff en sy het kommersiele uitsaaikunde aan die Nieu-Seelandse skool vir radio in Tauranga studeer. Sy is ongelooflik passievol oor die Suid-Afrikaanse kultuur en sy het ‘n leemte raakgesien vir Suid-Afrikaanse vermaak in Nieu-Seeland en net daar besluit om Lekker Stuff te begin. Lekker Stuff is met ope arms deur die Suid-Afrikaanse gemeenskap ontvang en stap dié program weg met die titel van Beste Gemeenskapsmusiekprogram in enige taal by die 2018 Nieu-Seelandse radio toekennings. Lekker Stuff was al by ‘n verskeidenheid suksesvolle Suid-Afrikaanse geleenthede in Nieu-Seeland betrokke. Lekker Stuff tree as verteenwoordiger vir die Suid-Afrikaanse taal en kultuur op in Nieu-Seeland se media industrie. Lekker Stuff word ook geassosieer met groot Suid-Afrikaanse handelsmerke soos Showmax.
Besoek Lekker Stuff Entertainment se Facebookblad hier
Besoek Lekker Stuff Entertainment se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest