Leesvordering:

Tiktaklys: Toptienavonture in Suid-Afrika! 

Jun 6, 2019

Neale Donald Walsch het gesê die lewe begin aan die einde van jou gemaksone. Wat ’n beter manier om uit jou gemaksone uit te kom as om ’n wenslysie te voltooi van die toptienavonture in Suid-Afrika! Waar sal jy begin? Deur grotte klouter, saam met miljoene sardiens swem of meer as 200 m van ’n brug afspring? Maak jou gereed, hier is die toptien:

Reënboogkloof-staptoer in die Drakensberge

In sowat vyf uur kan jy een van die mooiste staptoere in die Drakensberge onder die knie kry. Die roete volg die Ndumenirivier verby talle klowe, digte woude, watervalle en poele. Jy kan die roete van Didima-kamp of Cathedral Peak-hotel begin.

Sardienmigrasie aan die Wildekus

Elke jaar rondom Junie en Julie vind die grootste sardienmigrasie ter wêreld aan die suidkus van Suid-Afrika plaas. Miljoene sardiens beweeg op met die kus en dit sal ’n ervaring wees wat jy nooit sal vergeet nie. Die groot getalle sardiens lok ook dolfyne en walvisse! Jy kan jou duikpakket by Durban se Aliwal-duiksentrum reserveer.

Spooktoer op Kaapschehoop

Kaapschehoop word al lank ’n spookdorp genoem en hulle het ook hulle eie spooktoer wat jy om middernag te voet deur die dorpie kan meemaak. Gerugte doen die ronde dat jy kinders kan hoor huil in die kranse en potte en panne vlieg af en toe in die plaaslike kroeg rond as die musiek te hard is. Vir al die brawe avonturiers is Kaapschehoop se spooktoer beslis een vir die boeke.

Die Otter-staproete

Die Otter is in 1968 geopen en is die oudste staproete in Suid-Afrika. Die Otter pronk op verskeie ranglyste, tel onder die 50 beste staproetes ter wêreld en word keer op keer vyf sterre vir sy skoonheidsfaktor gegee. Die roete is vyf dae oor ’n afstand van 45 km en die hoogtepunt is die swem oor die Bloukransrivier en die mooi stranduitsigte.

Oranjerivier-roei

Die Oranjerivier is die langste rivier in Suid-Afrika en vloei verby Namibië en Botswana. Die Oranjerivier is meer as 2 000 km lank en bied talle opsies vir ’n wonderlike roei-ervaring. Om werklik die Oranjerivier te beleef, moet jy minstens ’n roei van drie tot vyf dae aanpak. Bekende roetes word deur Amanzi Trails, Bushwhacked Outdoor Adventures en Bundi aangebied. Jy kan ook ’n roei oor Oujaarsaand bespreek, wat omtrent ’n avontuur op sigself is!

Duik saam met haaie in Mosselbaai

Behalwe dat Mosselbaai op die pragtige Tuinroete is, is dit ook die tuiste van sowat 200 grootwithaaie wat op enige gegewe tyd in die baai rondswem. Vir ’n ware avontuur en ’n adrenalienervaring soos min, duik saam met haaie in Mosselbaai!

Bloukransbrug-rekspring

Die Bloukransbrug is een van die wêreld se hoogste kommersiële rekspringbrûe en is 216 m hoog. Dit is ’n moet vir enige avontuurwenslys, en as jy eers kop na onder bo die Bloukransrivier gehang het, is jy tot enigiets in staat! Jy kan jou plek sommer direk op Face Adrenalin se webtuiste bespreek!

Sabie-watervalroete

Die Sabie-watervalroete is een van Suid-Afrika se versteekte skatte en daar is nog nie veel daaroor geskryf nie. Dit is beslis hoog op die ranglys vir enige avonturier om agt watervalle op dieselfde roete te ontdek. Dit is waar die meeste watervalle in Suid-Afrika is; die roete begin in Sabie en gaan dan uit op die R532 waar een waterval na die ander opduik. Pak ’n piekniekmandjie, klim in jou motor en gaan geniet al agt watervalle op een dag!

Sterrekyk in Kagga Kamma-natuurreservaat

Die Kagga Kamma-natuurreservaat is in die ongerepte wildernis van Ceres in die Wes-Kaap geleë. Die reservaat is bekend vir sy dramatiese klipformasies. Die hoogtepunt is egter die sterrekyktoere – die nagruim lyk hier soos nêrens anders in Suid-Afrika nie! Die reservaat gee jou ook die geleentheid om in luukse grotakkommodasie te woon wat op ’n unieke manier met die omgewing integreer.

Avontuurtoer in die Kango-grotte

Om jouself avontuurlustig te noem, moet jy nie net die erfenistoer by die Kango-grotte kan doen nie, maar ook die 90 minuut-avontuurtoer. Die Kango-grotte is 29 km van Oudtshoorn af. Die grotte is 16 km lank en bestaan uit ’n tonnelstelsel van 4 km. Sowat 1,2 km van dié tonnelstelsel is oop vir die publiek. As jy kans sien om deur nou gange te wurm en by steil rotse op te kruip, is dít vir jou. Die nouste holte waar jy jouself moet deurdruk, is net 15 cm wyd!

Tiktaklys Suid-Afrikaanse Avonture PDF

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest