Leesvordering:

Gereelde vrae oor Suid-Afrikaanse immigrasiekwessies

Jul 18, 2019

Dit lyk of die wêreld al kleiner word. Baie mense wil uit Suid-Afrika emigreer; ander wil terugkeer en sukkel met die regulasies wat van toepassing is op hul buitelandse gades of ander Suid-Afrikaanse immigrasiekwessies. Ons het probeer om van die algemeenste vrae oor Suid-Afrikaanse immigrasieregulasies te beantwoord.

Jy het langer gebly as wat jou SA besoekersvisum toelaat

V: Ek het my Suid-Afrikaanse burgerskap ’n paar jaar gelede opgegee. Onlangs het ek my ouers in Suid-Afrika besoek. Ek het ’n paar dae langer gebly as wat my besoekervisum toegelaat het. Nou is ek verban en kan nie na Suid-Afrika terugkeer nie. Wat staan my te doen?

A: Jy moet by die SA owerhede in Suid-Afrika aansoek doen om die verbod op te hef, en jy moet ’n baie goeie rede verskaf waarom jy langer as die toegelate tydperk gebly het. Nie alle aansoeke word toegestaan nie. As jou aansoek wel slaag, sal jy skriftelike bevestiging van die SA owerhede ontvang dat jy na Suid-Afrika mag terugkeer.

Aansoek om ’n Suid-Afrikaanse korttermynwerksvisum

V: ’n Buitelandse kollega van my moet Suid-Afrika vir ’n kort tydperk besoek om onder my leiding aan ’n projek te werk. Is dit moontlik?

A: Die beste sal wees om aansoek te doen vir ’n Artikel 11(2)-besoekervisum wat toegestaan word vir werksverwante aktiwiteite. Dit word nie vir langer as drie maande uitgereik nie, maar dit kan met nog drie maande in Suid-Afrika verleng word indien nodig. Dit is belangrik om daarop te let dat ’n mens net een keer elke 12 maande vir so ’n visum kan aansoek doen.

Ek het my Suid-Afrikaanse burgerskap verloor

V: Ek is ’n gebore Suid-Afrikaner, maar het my burgerskapstatus verloor. My kinders is in die buiteland gebore nadat ek my burgerskap verloor het. Ons wil graag terugkeer Suid-Afrika toe. Wat kan ons doen?

A: As jy jou SA burgerskapstatus verloor het, moet die SA owerhede jou biologiese ouers se burgerskapstatus skriftelik bevestig voordat jy kan aansoek doen om jou burgerskapstatus te herstel. Ons konsultante sal jou graag in hierdie verband adviseer.

Jy moet ook ’n bewys lewer dat jy 12 maande of langer in SA gewoon het om jou burgerskap te herstel. Die beste sal wees om aansoek te doen vir ’n Suid-Afrikaanse familievisum en indien nodig ook ’n studentevisum. Familievisums word vir ’n tydperk van twee tot drie jaar uitgereik en kan in SA verleng word. Jy moet uit die buiteland aansoek doen vir die aanvanklike visum en dit ontvang voordat jy na SA reis.

Suid-Afrikaner se buitelandse gade

V: Ek is getroud met ’n Suid-Afrikaanse burger en wil in Suid-Afrika woon. Vir watter visum sal ek kwalifiseer?

A: Buitelandse burgers wat met ‘n SA burger of inwoner getroud is of so ’n persoon se lewensmaat is, kan vir ’n huweliksvisum kwalifiseer. Dit word vir twee tot drie jaar uitgereik en kan in Suid-Afrika verleng word. Jy moet uit die buiteland aansoek doen vir die aanvanklike visum en dit ontvang voordat jy na SA reis; jy kan nie in SA daarvoor aansoek doen nie. Toestemming om te werk kan ook ingesluit word indien aan bepaalde kriteria voldoen word.

Let asseblief daarop dat die inligting in hierdie artikel nie professionele advies is nie. Dit is algemene inligting en verskaf geen waarborg van enige aard nie, hetsy eksplisiet of geïmpliseer. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na info@bic-immigration.com of besoek Breytenbachs se webtuiste by www.bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest