Leesvordering:

Topses Afrikaanse produkte dié Kersfees!

Des 11, 2019

Wat beplan jy om dié Kersfees te koop? In plaas van om ure in ’n winkelsentrum rond te stap op soek na die perfekte geskenk, kan jy vanjaar op www.afrikander.com topgehalte Afrikaanse geskenke koop! Of as jy juis daarvan hou om by die winkels uit te kom, kan jy die winkel by die Voortrekkermonument gaan besoek. Hier is vanjaar se topses produkte wat Afrikaans se naam hooghou:

’n Voortrekkermonument-T-hemp

’n Voortrekkermonument-T-hemp is om twee redes die perfekte geskenk vir die kleinspan of volwassenes: Dit is bruikbaar, want almal dra T-hemde. En elke hemp kom met sy eie, unieke storie, in dié geval met interessante feite oor die Voortrekkermonument. Vir ’n wyer verskeidenheid Afrikaanse T-hemde kan jy op www.republk.co.za gaan loer.

Kampbekers

As jy iemand ken wat hou van kamp of gereeld met ’n koppie koffie by die braaivleisvuur staan, kry vir hom ’n emalje- De la Rey-beker of vir haar ’n blommetjie-gedenk-aan-my-beker. Loer op www.republk.co.za vir meer opsies.

Suikerlepel

Oumas en Oupas hou van aandenkings en sal mal wees oor ’n suikerlepel wat by die Voortrekkermonument gekoop is! Met so ‘n unieke Afrikaanse lepel kan jy dié Kersfees vir iemand iets met betekenis gee sonder dat dit jou ‘n fortuin kos.

Boek oor die Groot Trek

Vir die boekwurms is dit ideaal, en dit is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.

DVD oor die Anglo-Boereoorlog

’n DVD oor die Anglo-Boereoorlog is sowaar iets wat jy nie in ander winkels gaan kry nie. Behalwe vir dié juweel is daar ook talle CD’s met Afrikanamusiek en kinderstories beskikbaar.

Muntestel van 1923

Bederf iemand wat van munte hou of sentimenteel is met dié reeks egte 1923-munte. Slegs R95!

Verras jou familie dié Kersfees met unieke Kersgeskenke! Jy kan ook reël dat die pakkie binne sewe werksdae direk na familie in die buiteland gestuur word.

Geseënde Kerstyd!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest