Leesvordering:

Boedapest: Sit hierdie stad op jou tiktaklys

Mei 6, 2020

Mandie Papendorf

Ek en my man Max en drie van ons vriende het in Januarie 2019 besluit dat ons deur Europa wil toer – meer spesifiek in lande soos Kroasië waarvan almal nie altyd praat nie. So het ons avontuur oor die Paasnaweek in Praag begin waar ons drie aande deurgebring het. Vandaar is ons per trein na Wene waar ons een aand oorgeslaap het. Ná ons die ongelooflike tuine en paleise van Wene beleef het, het ons weer per trein gereis; dié keer na Boedapest waar ons nog drie aande oornag het. Daarna is ons met ’n bus na Kroasië waar ons die oorblywende sewe nagte deurgebring het. Ons toer deur Kroasië het in Zadar begin, met stoppe in Zagreb, Split en Hvar, en laastens Dubrovnik, waar ons reis tot ’n einde gekom het.

Van ons hele toer was Boedapest egter my gunstelingstad. Dit is ook waar hierdie ongelooflike foto’s geneem is. Dis ’n stad wat nooit my gedagtes verlaat het nie en waarna ek enige dag sal terugkeer. Ek vang myself daagliks dagdroom terug Boedapest toe, veral in hierdie tye waarin ons onsself tans bevind. Die groot geboue, paleise, vriendelike mense, Paasstalletjies, lekker kos en bier, asook goedkoop winkels met die mooiste serpe en geskenkies vir familie en vriende het ons heeltemal te veel geniet.

Boedapest is voorwaar ’n bestemming wat op jou tiktaklys hoort en ek sal ’n besoek aan dié stad beslis aan enige iemand voorstel.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest