Leesvordering:

18 van jou gunstelingherinneringe van Suid-Afrika

Okt 25, 2021

Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy bewaar, koester en vertroetel. Dit is die skatte wat ons diep in ons siele wegsluit om ons harte warm te hou wanneer die verlange te veel raak.

Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra wat is hulle gunstelingherinnering aan Suid-Afrika. Hier is die top 18-herinneringe.

  • Die reuk van rooigrond net voor dit begin reën.
  • Ons mense.
  • Bosveld-sonsondergang.

Moerkoffie met kondensmelk uit ’n blikbeker saam met beskuit, langs ’n vuurtjie wat vroegoggend uit die as wakker gekrap word.

  •  Regte egte Tannie se koeksisters.
  • Toe melk op die stoep afgelaai was.
  • Toe ek nog ’n graad 1-beesagterkwart vir R75,00 kon koop.
  • As jong dogtertjie op my perd op pad na my maatjie drie plase van ons af. 
  • Afrikaans – geen ander taal het so ’n lekker woord soos “sommer” nie.
  • Fonteine in Pretoria, lekker piekniek en treintjie ry.
  • Kerkklokke op ’n Sondag
  • Kuier by my Ouma in Nelspruit met pap, kaiings en eiers.
  • Hoëveld-donderstorms.

Waffel en melkskommel by Milky Lane, dan ook fliek en ysskaats by Sterland, daarna lekker geëet in Sunnypark by House of Coffees.

  • Hadidas op ’n Saterdagoggend
  • Sondae se stilte.
  • Koer van duiwe wat jou wakker maak in die oggend.
  • My vriende en familie.
  • Het ons iets gemis? Stuur vir ons ’n e-pos en vertel ons van jou gunstelingherinnering van Suid-Afrika by wereldwyd@afriforum.co.za.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest