Leesvordering:

Natuurhoekie – Kolganse wei naby Skukuza

Jan 25, 2022

Kolganse kom redelik algemeen oral in Afrika voor en uitheemse bevolkings is selfs in Europa, Groot-Brittanje, die VSA en Nieu-Seeland gevestig. Veral gedurende die broeiseisoen kan hulle nogal boosaardig word, wat hulle nie geliefd by die ondersteuners van gholfbane maak nie. Hulle eet sade, blare, grasse, plantstingels, insekte en ongewerwelde waterdiertjies soos hier gesien kan word. Wyfies is glo meer raserig as mannetjies … ons lewer eerder geen kommentaar nie. Hulle paar lewenslank en albei voëls maak beurte om op hul eiers te broei.

Geniet die roep van die visarend in die agtergrond!

Wat is jou gunsteling klank wat jou aan Afrika herinner?

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar. Dit sluit die  vierde boek in die reeks wat pas verskyn het, in.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest