Leesvordering:

Uit en Tuis: ’n E-pos uit China

Mar 1, 2022

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het.  Hierdie week gesels ons met Elle en Wes van Wandering feet ZA.


Hallo Elle en Wes, dit is baie lekker om met julle te gesels. Waar in die wêreld woon julle?

Ons woon in Shanghai, China, al vir die vir afgelope 5+ jaar.

Wat is vir julle die gunstelingdeel van reis in ’n nuwe land?

Ag, enigiets wat heel anders is, is vir ons spesiaal. Die Engelsman sê, “Magic happens where your comfort zone ends,” so ons gaan maar waar ons bietjie moet sukkel met die taal en waar die mense en die kos heel anders klink en proe, om ons horisonne te verbreed.

Wat was die grootste aanpassing in China?

Die mense! Suid-Afrikaners is warm, plesierig, oop, vry, ons mense hou van lag en is positief en hoopvol, maak nou nie saak wat in die wêreld aangaan nie. Die mense hier is ’n bietjie anders. As Suid-Afrikaners is dit vir ons belangrik om ons medemens te help en by te staan. In China is dit nogal moeilik want hier is hulle baie trots en aanvaar baie moeilik hulp van ander mense.

As jy ’n pakkie van die huis kon ontvang, wat sal daarin wees?

Hoe groot kan die pakkie wees? Sit asseblief Tafelberg binne-in! ’n Mens kry redelik baie goed hier soos Ouma-beskuit en Ina Paarman se speserye en daar is selfs ’n paar mense wat vleis invoer om biltong te maak en te verkoop. Maar ek sal nogal groot geld betaal om my ma se hertzoggies en melktert in ’n pakkie te ontvang.

Hoe verskil die kos in China van die in Suid-Afrika?

Die grootste verskil is seker hoe die mense gewoonlik eet. Ons hou van pap/graankos of roosterbrood vir ontbyt, maar hier kry jy ’n groot bak noedels of ryspap met mielies en patat. En dan is middagete en aandete ook groot met rys en vleis of vis met groente vir albei maaltye. Mense eet ook meestal in restaurante of bestel kos om afgelewer te word.

Het julle planne om in nog ander lande te woon?

Definitief. Ons het Afrika en Suid-Amerika in die oog …

Hoe lyk ’n eenvoudige werksdag in China vir julle?

As onderwysers is dit redelik dieselfde as in Suid-Afrika. Maar, die skooldag is lank, kinders maak eers 16:00 klaar met die dag se lesse en onderwysers neem dan minder werk huis toe. Die stad is vol dinge om te doen en geniet. Ná skool kan jy maklik ’n dans- of kunsklas bywoon, gaan draf by die rivier, of foto’s neem by die ikoniese geboue, strate en tempels, ’n Michelin-sterrestaurant besoek of met ’n spoedtrein na ’n ander dorp of watertown toe ry. Elke dag het die potensiaal om iets nuuts te bring en dis wat dit opwindend maak.

LEES OOK: Uit en Tuis: ’n E-pos uit Pole

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest