Leesvordering:

Om na Australië te verhuis tydens Covid-tyd: Wat jy moet weet

Feb 28, 2022

As die Januarie-skares huurders ’n aanduiding is van dít wat voorlê, is daar swaar tye op pad. In al die jare wat ons in die verhuringsbedryf werk, het ons nog nooit so baie veranderinge ervaar as met die aankoms van die nuwe jaar nie – baie daarvan feitlik oornag.

So, waaroor gaan die “bun fight”, soos die Australiërs daarna verwys?

Kom ons gesels daaroor. Covid het die verhuringsmark op drie maniere beïnvloed en nie een daarvan is aangename leesstof vir enigiemand wat beplan om tydens die Covid-era te verhuis nie.

Beperkings op residensiële gebiede

Ons weet dat internasionale grense vir die meeste mense gesluit was, behalwe vir Australiërs wat moes terugkom en mense op die Priority Migration Skilled Occupation List (PMSOL). Hierdie lys bevat 44 beroepe met kritieke vaardighede om Australië se ekonomiese herstel van Covid te ondersteun. Dit is gegrond op die raad van kenners van die National Skills Commission en in raadpleging met departemente van die Gemenebes. Baie van hierdie visums was vir die mediese bedryf. 

Personnel Relocations se kliënte het oor die laaste twee jaar grootliks uit algemene praktisyns, veeartse, arbeidsterapeute en mense in hoëvlak- uitvoerende poste bestaan. Die rolle in die mediese bedryf het almal locum-beperkings gehad oor waar algemene praktisyns  moes gaan werk, en elke hervestiging was ten minste ’n uur van die belangrikste stedelike gebiede af. Die internasionale migrantbevolking het ’n groot invloed op die huurmark gehad – ’n mens moet in ag neem dat 90% van migrante ’n eiendom huur met hul aankoms. Oorsese migrasie het gedaal van ongeveer 232 000 netto migrante in die 2018/19 finansiële jaar tot slegs 31 000 in 2020/21. Dinge is egter nou besig om te verander.  

Die tendens om van die huis af te werk

Ons moenie vergeet dat baie Australiërs ook hul werkstassies gepak het en na die platteland of selfs die see toe verhuis het nie. Die Families in Australia Survey: Towards COVID Normal het bevind dat uit die opnamerespondente wat werk, 67% soms of altyd van die huis af werk, vergeleke met 42% voor Covid. Baie van hierdie gesinne het die besluit geneem om weg te trek uit die stad.

Ons het dit eerstehands beleef in die eerste helfte van 2021. In areas soos Mornington in Victoria het ons baie min mense langs die kus af help trek die afgelope dekade. Om van Mornington, Mount Martha of Mount Eliza af tot in die stad te ry sou omtrent 1,5 uur neem – dit was net nie die moeite werd om daagliks te pendel nie. Met werkers wat nou egter net ’n paar keer per maand inry stad toe, begin dit al meer na ’n opsie lyk. Soos wat 2021 egter aangestap het, is eiendomsagente oorval deur navrae. Waar ons gewoonlik ’n inspeksie sou moes doen met dalk twee of drie belangstellende huurders in Mornington, staan daar nou ’n ry in die straat af!

Personnel Relocations kon beslis die gevolge van die verhoging in huurpryse raaksien. Ons het eerstehands gesien hoe huurders tot soveel as $120 per week meer vir eiendomme aanbied. Dit was wel nie ons kliënte nie, want ons verstaan die waarde van elke eiendom selfs in die huidige marksomstandighede waarin aanvraag hoog is. Eiendomsagente weet dat voornemende huurders wat deur ’n verhuisingsmaatskappy werk professioneel is, en dit verleen baie geloofwaardigheid aan hul aansoek of die moontlikheid om geleenthede buite die mark te bespreek.

Verhuringstres

Volgens die Australiese regering beleef ’n huurder verhuringstres wanneer hulle meer as 30% van hul bruto inkomste aan huur bestee. As jy dus meer as $360 van jou $1 200-inkomste vir huur betaal, ly jy aan verhuringstres.

Aangesien huurpryse vinniger styg as die gemiddelde inkomste, is laekosteverhurings besig om te daal. Voorts word daar ook verwag dat huurpryse in 2022 nog meer gaan styg, aangesien Januarie se gemiddelde besigtigings per gelyste huureiendom ’n nuwe rekord bereik het.

Dwarsoor Australië is daar rekordgetalle belangstellendes wat na eiendomme kyk. Daar is geweldig baie kompetisie.

Al hierdie dinge het die laaste twee jaar plaasgevind toe daar nie internasionale huurders was wat die land binnegestroom het nie. Dit beteken dat sodra die grense oopmaak, die herstel van internasionale toerisme die aanvraag verder kan verhoog.

As jy na Australië verhuis tydens die Covid-tyd is daar ’n paar dinge waarvan jy bewus moet wees. ’n Mens moet in gedagte hou dat dit moeilik is om te verhuis tydens ’n pandemie. Alles, van die goedkeuring van jou visa tot die identifisering van ’n geskikte plek om te bly, kan meer gekompliseerd wees as gewoonlik.

As jy egter ’n bietjie moeite insit met beplanning en organisering, kan jy die verhuising so glad as moontlik laat verloop.

Personnel Relocations het ’n deurlopende 97%-sukseskoers om ons kliënte se aansoeke op kortlyste te kry. Deur nou saam met ons kliënte en eiendomsagente te werk, bly ons heeltyd aktief in die eiendomsmark en het ons begrip vir vinnige veranderinge en brandpunte.

LEES OOK: Belangrike vrae voor en tydens emigrasie

Meer oor die outeur

Robyn Vogels

Robyn Vogels het Personnel Relocations in 2008 gestig om mense wat na Australië verhuis te ondersteun. Haar persoonlike ervaring van verhuising oor die wêreld heen gee haar begrip vir die ingewikkelde verhuisingsproses, veral vir gesinne met kinders. Haar dienste vereenvoudig die proses om dit gemaklik en moeitevry te maak teen ’n bekostigbare prys.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest