Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 23 Junie 2022

Jun 23, 2022

Hiermee die nuutste AfriForum Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Die drie kultuurervaringe wat jy nooit moet prysgee nie

Kultuur maak jou menswees ryker. As jy in Kanada of Nieu-Seeland woon is dit opwindend en noodsaaklik om jouself in die plaaslike kultuur te verdiep. Maar om jou eie kultuur ook te vier maak nie net jóú belewenis nie, maar ook die mense rondom jou s’n ryker. ’n Mens hoor gereeld dat diversiteit karakter bou, ’n samelewing sterker maak en die lewe sy geur gee. As jy in ’n ander land woon is dit ’n besonderse geleentheid om sowel jou kinders as die mense om jou die kans te gee om ook jou kultuur te beleef. 

Hoe om makliker met kinders na Australië te verhuis

Om te verhuis, bring sonder twyfel baie spanning mee. Jy is baie senuagtig en bekommer jou oor alles en nog wat, ook oor die kinders. Maar onthou, dit is die onbekende wat jou die bangste maak. Ons wil jou graag voorberei sodat jy weet wat om te verwag.

Visumaansoeke: Gevaartekens en lokvalle

Talle agentskappe maak vals beloftes en verdwyn dan sak en pak met deposito’s, of hulle doen net die helfte van die werk wat nodig is vir ’n visum.

Suid-Afrikaners moet al meer paraat wees wanneer hulle van ’n middelman gebruik maak om veral werkvisums te bekom.

Uit en Tuis: E-pos uit Suid-Korea

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Maarten Muller wat in Suid-Korea woon.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest