Leesvordering:

Vier Afrikaans met dié pakket

Sep 8, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Ter viering van die lewe en werk van die taalhistorikus J.C. Steyn en die bekendstelling van sy laaste boek – So is onse mense – stel AfriForum Uitgewers ’n spesiale pakket beskikbaar met drie van Steyn se boeke. Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare word beskou as die omvattende biografie van Afrikaans, terwyl Verset & opbou: Skrywers en politici vir Afrikaans ondersoek instel na individue en instellings wat die stryd vir die totstandkoming van Afrikaans gestry het en dié wat sedertdien vir die vestiging en bevordering van dié jong taal geveg het. So is onse mense bied ’n verskeidenheid “herbesoeke” waarin die leser opnuut kennis maak met Steyn se vernuf as historikus en navorser. Die J.C. Steyn-boekpakket is hier beskikbaar teen slegs R700 (bespaar R340).  

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest