Leesvordering:

Suid-Afrika se oudste “poskantoor”

Sep 8, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Een van die bekendste historiese bome in Suid-Afrika is waarskynlik die sogenaamde posboom in Mosselbaai. Op 7 Julie 1501 vind João da Nova (sien illustrasie), ’n Spaanse seevaarder in diens van ’n Portugese handelsmaatskappy, ’n skoen onder ’n witmelkhoutboom (Sideroxylon inerme) in Mosselbaai. Da Nova was op sy eerste reis onderweg na Indië. ’n Brief was volgens oorlewering in ’n skoen gestoor en aan die boom opgehang. Dit is ’n jaar vantevore deur Pedro d’Ataide, ’n bevelvoerder van ’n skip van Pedro Alvares Cabral, geskryf. Dié witmelkhoutboom waar die brief gevind is word as Suid-Afrika se eerste posbus beskou en ’n monument gedenk vandag nog dié gebeurtenis van meer as 500 jaar gelede. Da Nova word beskou as die ontdekker onder meer St. Helena in die Atlantiese Oseaan.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest