Leesvordering:

Die eikebosvergaderings van die Anglo-Boereoorlog

Sep 8, 2022

Deur Ilze Nieuwoudt

Op 27 Junie 1900 kom sowat 550 vroue op die Paarlse plaas Laborie byeen. Die verwoestende oorlog wat in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) woed en die swak behandeling van Kaapse Rebelle wat hulle in dié stryd gewerp het, vorm die fokus van die vroue se protesvergadering. Telegramme van onder andere Olive Schreiner (Suid-Afrikaanse Engelse skrywer van die boek The Story of an African farm) en die Kaapse aktivis Maria Koopmans-De Wet is ontvang en by dié vergadering voorgehou.

In die maande wat op dié vergadering volg, het verskeie verdere vergaderings in die Kaapkolonie plaasgevind en op 10 November 1900 kom die ontstoke vroue wéér op Laborie bymekaar. Dié keer ruk nagenoeg 1 500 vroue op vir die vergadering “onder die blaarryke eike” op Laborie.

Uit die vroue se optrede spruit onder meer ’n vredespetisie met meer as 16 700 handtekeninge, wat Koopmans-De Wet aan die Britse koningin Victoria probeer voorlê het.

Koopmans-De Wet se optrede uit protes teen die verskroeideaardebeleid, sowel as die deportasie van krygsgevangenes, het die Britse owerhede in die Kaap erg ontsenu. Sy is onder meer as ’n Kaapse rebel bestempel en sekere media het na haar verwys as die “Queen of the rebel ladies”.

In die omgewing waar die eikebos-piekniekterrein eens was, is ’n monument opgerig ter herdenking van die Kaapse Rebelle wat aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het. Die monument is in September 2005 onthul.

Foto: Maria Koopmans-De Wet.

https://afriforumuitgewers.co.za/
Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest