Leesvordering:

AfriForum vat regering hof toe oor R50 miljoen Kuba-skenking

Feb 25, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan die howe nader om ’n dringende interdik te bekom om die regering te verhoed om ’n irrasionele en onwettige skenking van R50 miljoen aan die Kubaanse regering te betaal.

Die aansoek sluit ook ’n hersieningsaansoek in om die besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer.

AfriForum het vroeër vandeesmaand in ’n prokureursbrief aan die Department van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ’n geskrewe verduideliking en redes geëis vir die aankondiging dat die regering die reuseskenking aan Kuba wil maak.

AfriForum het daarop aangedring dat geen fondse na Kuba oorgeplaas moet word nie aangesien geen redes vir die besluit aan die publiek gekommunikeer is nie. Die organisasie het ook ’n verduideliking geëis oor waar die fondse vir die skenking vandaan kom en hoe dit geregverdig kan word in Suid-Afrika se huidige sosio-ekonomiese konteks.

Die regering het op AfriForum se skrywe reageer maar die organisasie is nie tevrede met die verduidelikings wat aangebied is nie en sal dus voortgaan met regsaksie. Die besluit is gemaak sonder enige parlementêre oorsig en sonder om gehoor te gee aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

“Dit is verregaande om onder die huidige sosio-ekonomiese toestande so ’n reusebedrag aan ’n ander land te wil skenk. Om die waarheid te sê is dit ’n absolute belediging vir landsburgers,”

sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest