Leesvordering:

AfriForum versoek verduideliking van Google oor teenstrydighede in soekresultate oor anti-wit rassisme in Suid-Afrika

Jul 2, 2021

Die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum het ’n brief gerig aan Dr. Alistair Mokoena, Google se direkteur vir Suid-Afrika. AfriForum versoek ’n verduideliking vir wat blyk te wees die onderdrukking deur Google op sy soekenjins van toepaslike artikels wat handel oor anti-wit rassisme en/of diskriminasie in Suid-Afrika.

Dié teenstrydighede het onder AfriForum se aandag gekom ná ’n ondersoekende artikel deur PoliticsWeb oor ’n vergelyking tussen Google soekenjinresulate versus ander sokenjinresultate vir frases soos anti-white racism in South Africa, anti-white racial discrimination in South Africa of discrimination against whites in South Africa.
Verdere ondersoek hieroor sal gedoen word met behulp van spesialiste.

“Diskriminasie en rassisme teenoor wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe is onmiskenbare feit. Dit is kommerwekkend dat toepaslike en goed nagevorste artikels en bronne oor dié kwessie nie in Google-soektogte voorkom nie. Dit het ’n werklike invloed op die koestering van dwalinge en die bevordering van foutiewe inligting,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest