Leesvordering:

Afstandswerk in die buiteland

Feb 24, 2022

Neem die risiko’s in ag

Deur Amanda Visser

Baie Suid-Afrikaners was tydens die pandemie-inperkings in die buiteland vasgekeer. Party van hulle het besluit om hul lewenstyl te verander en voortaan in die buiteland te bly terwyl hulle steeds vir hul Suid-Afrikaanse werkgewer werk.

Volgens Aneria Bouwer, senior konsultant in Bowmans se belastingspan, is daar risiko’s verbonde aan hierdie reëling. Dit laat baie vrae ontstaan oor die impak op werknemers se vergoeding en oor watter land die reg het om hulle te belas.

Dit laat ook die vraag ontstaan of die werkgewer aan die jurisdiksie van die arbeidshowe in die ander land blootgestel sal word en of dit die werkgewer aan korporatiewe belasting in daardie land kan blootstel.

Indiensnemingswette

Helen Wilsenach, Bowmans-vennoot wat in indiensnemingsreg spesialiseer, sê mense oorkom dikwels die emigrasieprobleme en dink dan dit sal net ’n moeitevrye aanlyn oordrag behels.

As die Suid-Afrikaner egter in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, kan hulle aan daardie land se statutêre indiensnemingswette onderwerp word. “Dit is altyd raadsaam om vas te stel aan watter wette of verpligtinge jy onderworpe sal wees en of jy daardie verpligtinge met gemak sal kan nakom. Dit beteken ook nie jy is glad nie meer onderworpe aan enige Suid-Afrikaanse wette nie.”

Elizabeth Lang, ’n vennoot in die Londense prokureursfirma Bird & Bird, sê dinge raak ingewikkelder wanneer iemand op ’n meer permanente basis vir ’n Suid-Afrikaanse firma uit die Verenigde Koninkryk bly werk.

Selfs al pas die maatskappy Suid-Afrikaanse indiensnemingsreg op die werknemer toe, kan hulle nie die Britse howe keer om die werknemer te beskerm nie. Werknemers sal moet voldoen aan die toets of hulle gewoonlik in die Verenigde Koninkryk werk.

“As hulle ’n woonplek in die Verenigde Koninkryk het, sal dit waarskynlik redelik oortuigend wees,” sê Lang. Sy voeg by dat ’n werknemer wat ontslaan word ’n eis van onbillike ontslag in die Verenigde Koninkryk kan indien sonder om enige koste aan te gaan. “Dit kan dus nogal aanloklik wees om eise te probeer instel selfs al slaag dit op die ou end nie,” sê sy.

Belastingverpligtinge

Bouwer, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingkundiges se belastingadministrasiewerkgroep, sê die Suid-Afrikaanse maatskappy kan ook verplig word om belasting te weerhou. Dit is belangrik om elke individu se belastingposisie te verstaan.

Indien die individu steeds ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika is, is die werkgewer verplig om werknemersbelasting (pay as you earn) van die werknemer se inkomste te weerhou, behalwe in dié mate wat die persoon kwalifiseer vir die vrystelling op buitelandse inkomste, wat beperk is tot R1,25 miljoen.

Nog ’n oorweging om in gedagte te hou, is vertrekbelasting indien die werknemer nie meer ’n ingesete belastingbetaler in Suid-Afrika is nie. Die werknemer sal kapitaalwinsbelasting op sekere Suid-Afrikaanse bates moet betaal. “Dit is belangrik dat werkgewers hulle werknemers aan daardie verpligting herinner sodat hulle behoorlike raad kan kry,” sê sy.

Simon Gough, regsdirekteur van die Bird & Bird-belastinggroep, sê die Verenigde Koninkryk se reg om Suid-Afrikaners se salaris te belas sal daarvan afhang of hulle in die Verenigde Koninkryk woonagtig is al dan nie. Die Verenigde Koninkryk het ’n statutêre inwonerstoets wat die outomatiese oorsese toetse, outomatiese Verenigde Koninkryk-toets en die toets vir voldoende bande (sufficient ties test) insluit.

As die individu ten minste 183 dae in ’n belastingjaar in die Verenigde Koninkryk deurbring, voldoen hulle aan die outomatiese Verenigde Koninkryk-toets en word beskou as woonagtig te wees in die Verenigde Koninkryk. Iemand wat in die Verenigde Koninkryk woonagtig en gevestig is, het die sterkste bande met die Verenigde Koninkryk en hul wêreldwye inkomste en winste sal onderhewig wees aan belasting in die Verenigde Koninkryk.

Iemand wat nie in die Verenigde Koninkryk woonagtig of gevestig is nie, het swak bande met die Verenigde Koninkryk, maar hul inkomste wat hulle daar verdien kan steeds onderhewig wees aan belasting in die Verenigde Koninkryk. Die bepalings rakende dubbele belasting moet in ag geneem word om te bepaal of die werknemer belastingpligtig bly in die Verenigde Koninkryk, sê Gough.

LEES OOK: Kies ʼn betroubare immigrasie agentskap

Meer oor die outeur

Amanda Visser

Amanda Visser werk sedert 1986 as ’n joernalis vir radio en televisie, asook gedrukte en aanlyn media. Sedert 2003 lê sy haar op finansiële joernalistiek toe en was nog nooit spyt nie. Sy spesialiseer in belasting en het al oor handelsreg, mededingingsreg en regulatoriese kwessies geskryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest