Leesvordering:

Akademia loods nasionale veldtog om studentelewe uit te bou

Jul 28, 2022

Wat het gedurende jou studiedae ʼn blywende impak op jou gehad? Studentwees is meer as net studies. Dit is ʼn bruisende fase waar jy tuis voel, lewenslange vriendskappe en netwerke vorm, pret ervaar, en ʼn betekenisvolle en vrye toekoms bou. Akademia stuur vandag (28 Julie 2022) ʼn navorsingsveldtog genaamd #Studentelewe van stapel om ʼn nasionale gesprek te begin oor hoe ʼn gesonde en gebalanseerde studentelewe behoort te lyk.

Die doel van die veldtog is om van 28 Julie 2022 tot 18 Augustus 2022 data in te samel, te verwerk en moontlik te implementeer in die studentelewe van Akademia se Fonties (Akademia-studente). Uiteindelik sal dit bydra tot die uitbou van Akademia se groeiende studentelewe en -kultuur.

Enige een – ongeag of jy ʼn oud-Puk, -Tukkie, -Matie of -Kovsie is, of by ʼn ander hoëronderwysinstelling studeer het waar jy ʼn goeie studentelewe ervaar het – word uitgenooi om aan die navorsingsveldtog deel te neem. “Elke storie wat ʼn blywende impak op jou gehad het, is ʼn bousteen in die vestiging van gesonde tradisies wat behoue kan bly vir ons kinders en nageslagte,” vertel Douard d’Assonville, studentesakekoördineerder by Akademia.

Daar is verskeie maniere om studentestories wat ʼn blywende impak op jou gehad het te deel.

  • Voltooi die kort vraelys hier;
  • stuur ʼn stemgreep via WhatsApp na 087 997 1790; of
  • word deel van die Facebook-groep en deel jou stories, foto’s en video’s.

Akademia bied al ʼn dekade lank ʼn veilige tuiste vir studente en het reeds verskeie studenteaksies en koshuise met gepaardgaande tradisies. “Die tyd het nou aangebreek om die instelling se volhoubare studentelewe na groter hoogtes te neem,” sê d’Assonville verder. “Die publiek word uitgenooi om die vraelys wyd en syd te deel met oudkoshuisvriende, die SR van jou universiteitsdae, of sommer net vriende, kollegas of familie wat ʼn mooi studentestorie het om te vertel.”

Die data wat oor ʼn tydperk van drie weke ingesamel word, gaan deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (ʼn vennoot van #Studentelewe) verwerk word tot ʼn navorsingsverslag met die oorhoofse temas uit die bydraes van respondente. Uiteindelik sal die verslag die belangrikste oomblikke, wat volgens deelnemers ʼn blywende impak op hulle gehad het, mooi saamvat. Breë temas gaan geïdentifiseer word wat in kleiner dele afgebreek gaan word om die Akademia-studentelewe verder in te kleur. Ná afloop van die data-analisering en samestelling van die navorsingverslag, sal die uitslae in Oktober 2022 bekendgemaak word.

Akademia is gebou vanuit die gemeenskap se klein onbaatsugtige bydraes om ʼn gemeenskapsuniversiteit vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap te vestig. “Daarom is dit belangrik dat die gemeenskap ook ʼn bydrae lewer in die uitbou van ʼn Afrikaanse studentelewe vir ons kinders en nageslagte,” sê Paul Vogel, bedryfshoof van Akademia. “Jy kan help om ʼn bruisende studentelewe vir ons kinders, en kinders se kinders te bou – tradisies wat vir altyd sal hou, dit met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms. Al wat jy hoef te doen, is om jou hart oop te maak en herinneringe te deel.”

Bekendes soos Mila Guy, Bennie Fourie en Daniëlla van Heerden het reeds hul studentestaaltjies gedeel en vorm deel van die ambassadeurs van hierdie veldtog. “Daar is niks wat jou gesig so ophelder, en jou oë so laat blink as om terug te dink oor jou studentedae en ʼn staaltjie of twee oor te dra nie. Ons wil jou stories hoor om dit sodoende vir ons nageslagte te kan bewaar,” sluit Vogel af.

Watter herinneringe uit jou universiteitjare koester jy? Watter gebeurtenisse het jou lewe verander? Watter gesonde tradisies het van jou ʼn beter mens gemaak? Jou storie dra by tot Akademia se groeiende studentekultuur. Deel jou hart en stories. Klik hier vir meer inligting. Saam maak ons geskiedenis!

Klik hier om ʼn stemgreep en video van Douard d’Assonville af te laai.

Twee van Akademia se studenteraadslede, Dylan Wagner en Marisha Hermann, tydens die instelling se tiendeverjaarsdagvieringe wat op 3 Maart 2022 plaasgevind het by koshuis@Leriba. Akademia loods ʼn nasionale navorsingsveldtog vanaf 28 Julie tot 18 Augustus om om ʼn nasionale gesprek te begin oor hoe ʼn gesonde en gebalanseerde studentelewe behoort te lyk.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest